Monday 31 July 2017

SABBAT OF SONDAG


BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11

REFORMEEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF


   

 
In hierdie blog wil ek poog om opregte antwoorde vanuit die Bybel te kry oor sake wat vir die algemene gelowige van belang is. Verskeie sake sal bespreek word, nie noodwending in volgorde van belangrikheid of relevansie nie.

DIE SABBAT/SONDAG

EERS ‘N PAAR DEFINISIES:

Die Skrif – die hele OT en NT, wat die finale gesag is rakende die leer en die lewe van die mens.

Die wet
  • Die wet van Moses – die wet wat die Here God aan Moses gegee het vir die volk Israel (Heb 10:28, Hand 15:5, Hand 13:39)
  •  Die wet van die “mensdom” – dit wat die mens glo volgens sy gewete, (Verkry toe Adam en Eva van die boom van keennis van goed en kwaad eet) – Gen 3:22 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.
  • Die wet van Christus – Die wat wat deur die Gees van God in die hart en verstand van die weergebore mens in gegee word. (1 Kor 9:21
  • Die wet van vryheid – Vrygemaak van die wet van Moses, onder God se genade, gehoorsaam aan Christus se lering (Jak 1:25, Jak 2:12)



Die Sabbat – Vrydag sononder tot Saterdag sononder


Sondag - Eerste dag van die week 

Opmerkings: 

Die gelowige is nie onder die wet van Moses nie – Rom 3:28, Gal 2:16, Gal 3:2, 3:5, Gal 3:10

Die wet van God aan Moses gegee begin by Eks 20:1 en eindig in Eks 31:18.

 
1. DIE SABBAT EN VIR WIE IS DIT GEGEE 

Die Sabbat het nie begin by die skepping nie. 

Die eerste vermelding van die Sabbat-  Eks 16:23, By die voorsienning van die Manna.  

Die Sabbat was vir die volk Israel gegee, nie vir die gelowiges in Christus in die NT nie.


Sien ook Eks 31:13, Eks 31:17, Deut 5:15
 
Die Sabbat is vir Israel gegee vir drie redes:



 

2. JESUS SE “SABBATSOORTREDING”, VOLGENS DIE JODE:
·         Oes op die Sabbat - Matt 12:1-8  
·         Genees op die Sabbat - Matt 12:9-14, Luk 13:9-16, Luk 14:1-6, Joh 5:1-20, Joh 9:1-16.
·         Dit was volgens hulle oortredinge van die wet, want dit het werk behels.

 
3. VOORSKRIFTE VAN DIE SABBAT 

Indien jy die Sabbat wil hou moet jy dit doen soos die Here God sê, geen uitsonderings nie. Slegs die Here God mag uitsonderings gee.

Voorskrifte vir die Sabbat?
·         Geen werk deur niemand nie – Ex 20:9-11, Lev 23:3
·         Doodstraf vir Sabbatsoortreders – Ex 31:14&15
·         Geen vuurmaak – Ex 35:3
·         Brandoffers, Spysoffers en Drankoffers moet elke Sabbat gebring word – Num 28:9


 
 
 


Is daar uitsonderings op die bogenoemde?
·         Wie het mag om uitsondering op die bogenoemde te gee?
·         Waar word die voorskrifte opgehef vir die moderne samelewing?
·         Waar kry jy uitsondering op hierdie voorskrifte?

 Uitsonderings vir Kragsentrale werkers, Myners, Polisie, Verkeersbeamptes, Verpleegsters, Dokters, ensomeer? 

Gebruik jou gesonde verstand, sal jy sê. Nog nooit het die Here God gesê ek mag my gesonde verstand die standaard maak nie. Gesonde verstand geld slegs wanneer dit in die lig van die Skrif gebruik word.  

God se woord bly die standaard en slegs Hy mag uitsonderings gee.
·         Maar uitsonderings op Sabbat werk is nie nodig nie, want ons lewe nie onder die wet na Moses nie.

 Wat van die Sabbatsjaar?
·         Moet ons dit ook handhaaf?
·         Elke sewende jaar mag jy nie plant of oes nie – Lev 25:4-6.
·         Handhaaf jy dit? Is jou antwoord nee, wie gee jou die reg om die een voorskrif van die Here, nl die Sabbat te wil handhaaf, maar nie die Sabbatsjaar nie?
·         Maar Sabbatsjaar is nie nodig nie, want ons lewe nie onder die wet na Moses nie.

 
4. IS SABBAT OOK VIR DIE GELOWIGES UIT DIE HEIDENE (NIE-JODE)

Tydens die Kerkvergadering, opgeteken in Handelinge 15 leer ons dat die wet van Moses nie op gelowiges in Christus vanuit die heidendom van toepassing is nie, dit geld ook vir die Sabbat.
·         Hand 15:5 “5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.”
·         Hand 15:28&29 “28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!”

 Let ook op die woord aan die Galasiërs
·         Gal 5:3&4 “3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.”
 
Ook vir Israel het daar ‘n nuwe verbond gekom
·         Heb 8:10 “10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.”

 
5. DIE WARE SABBATSRUS

Die gelowiges in Christus gaan hulle Sabbatsrus in die dag wanneer hulle die Here Jesus Christus as Verlosser aanvaar. Op Hom alleen (Solus Christus) steun vir hulle redding en nie in werke nie.

 
Heb 4:1-11 “LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.
2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.
3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie - alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;
5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
7 bepaal Hy weer ’n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.
8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.
9 Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;
10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. 

Onder die Ou Bedeling – OT- Ou verbond  moes jy aan God se wet voldoen. Dit was ook net vir die volk Israel bedoel. 

Onder die Nuwe bedeling – NT – Nuwe Verbond – Kan jy nie gered word deur werke nie; die onderhouding van die wet nie. Dit is vir alle mense nie net vir die Jode nie.

Om in God se Sabbatsrus in te gaan, geskied nie deur werke nie. Nie deur wetsonderhouding nie.

 Die sabbat is ‘n skadu van wat sou kom.
 



Ons gaan God se Sabbatsrus in deur die geloof in Jesus Christus, nie deur werke nie.

Almal wat Jesus aangeneem het lewe in ‘n Sabbat.
 

6. VERDERE LERING OOR DIE SABBAT/SONDAG

Die Sabbat is nie die Sondag nie.
·         Die Sabbat strek van Vrydag, sononder tot Saterdag sononder.
·         Sondag strek van 24:00 Saterdag tot 24:00 Sondagaand.
·         Wie gee mense die reg om die Sabbat op die Sondag toe te pas?
·         Wie gee mense die reg om sekere Sabbatsvoorskrifte op die Sondag toe te pas en ander Sabbatsvoorskrifte nie op die Sondag toe te pas nie, wie besluit?

 Gelowiges het op die eerste dag van die week bymekaar gekom
·         Hand 20:7 “7 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.”
·         Van die gelowiges, veral die uit die Jode, het ook op die Sabbat bymekaar gekom – vele voorbeelde in die Skrif
 
Wie het Sondag die Sabbat gemaak? Wie het die Sabbat Sondag gemaak?

 Die eerste persoon wat Sondag sogenaamd “Sabbat” gemaak het was Konstantyn

 
     
 

     Die Katolieke Kerk het ook haar rol hier in gespeel





7. WAT LEER DIE SKRIF OOR VERSKILLENDE DAE

Rom 14:4-6 “4 Wie is jy wat die huiskneg van ’n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.”
·         Oordeel jy die persone wat die Here dien, maar nie soos jy die Sabbat hou nie?
·         Oordeel jy die persone wat die Here dien, maar nie soos jy die Sondag hou nie?
·         Lees weer Rom 14:4-6.
 

8. WAT IS BELANGRIKER, DIE DIE DAG OF WAT JY MET DIE DAG MAAK?


Vra die vrae:

·         Het Sabbatonderhouding of Sondagonderhouding ‘n wet vir jou geword?

·         Is dit ‘n werk wat jy doen om “krediete”  by die Here God op te bou?

·         Eer jy werklik die Here God daardeur of versadig jy net jou vleeslike begeerte en jou gewete daardeur?

·         Oordeel jy die persone wat die Here dien, maar nie soos jy die Sabbat hou nie?

·         Oordeel jy die persone wat die Here dien, maar nie soos jy die Sondag hou nie?

·         Lees weer Rom 14:4-6.
 

VRA DIE BELANGRIKE VRAAG. DIE ALLER BELANGRIKSTE VRAAG VAN JOU HELE LEWE.
 
HET JY AL DIE SABBATSRUS VAN GOD INGEGAAN? 

HEB 4:9-11
9 Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;
10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.” 

Glo in die Here Jesus Christus en jygaan God se Sabbatsrus in.

Hoe doen jy dit? 

Gaan doen Rom 10:9&10
  


 

KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
·         Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie.Waar daar wel van  inligting gebruik gemaak is word erkenning gegee. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
·         Indien daar enige regstellings op die inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.

 

Saturday 29 July 2017

WIE IS INBEHEER VAN DIE HEL?


BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11
 
REFORMEEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF

  
 
In hierdie blog wil ek poog om opregte antwoorde vanuit die Bybel te kry oor sake wat vir die algemene gelowige van belang is. Verskeie sake sal bespreek word, nie noodwending in volgorde van belangrikheid of relevansie nie.


WIE IS INBEHEER VAN DIE HEL?

 Die Here God?  Satan? 

 

Sommige predikers leer dat Jesus in die hel was en satan beheer oor Hom gehad het. 

Among the many heresies and outright lies taught by the Word Of Faith movement, the false doctrine that Jesus Christ became born again after suffering in Hell at the hands of the Devil is among the most pernicious. This whopping lie is taught by is taught by Joyce Meyer, Benny Hinn, Kenneth Copeland, Kenneth Hagin, as well as nearly every other false teacher in the Word Of Faith movement. 

 
 
 

Byvoorbeeld Joyce Meyer, 

“He became our sacrifice and died on the cross. He did not stay dead. He was in the grave three days. During that time he entered hell, where you and I deserve to go (legally) because of our sin. He paid the price there.” (The most important decision you’ll ever make, by Joyce Meyer, second printing, may 1993, page 35) 

(audio clip) Joyce Meyer, “The Devil thought he had it, the devil thought he had won. Oh they were having the biggest party that has ever been had. They had my Jesus on the floor and they were standing on his back jumping up and down laughing and he had become sin. Don’t you think that God was pacing wanting to put a stop to what was going on. All the hosts of hell were up on him, up on him, up on him. The angels are in agony, all the creation is groaning. All the hosts of hell was up on him, up on him, they got on him. They got him down in the floor and got on him and they were laughing and mocking, “haha you trusted God and look where you ended up. You thought he would save you and get you off that cross – he didn’t haha.”
 

Hiermee word dus geleer dat satan in beheer van die hel is. 

I. Die vraag - Is satan in beheer van die hel (poel van vuur en swawel). Straf hy mense in die hel?

 
Kom die lering vanuit die Skrif? Nee
 

Die Skrif leer dat die Here God die beheer oor die hel het

 Daar is geen verwysing in die Skrif dat satan en sy demone in beheer van die hel is nie.
 
·         Die hel is die plek waar satan en sy volgelinge en mense wie se name nie in die boek van die lewe is nie gestraf gaan word.
 
·         Matt 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

 

Ons lees ook daarvan in:
·         Open 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
 
·         Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
 
·         Matt 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
 
·         Luk 12:4 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; 12:5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

·         Open 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

 
Die vraag is dus waar kom die lering vandaan dat satan inbeheer van die hel is?

·         Dit kom vanuit verskeie skilderye en voorstelling, sg grappe oor die hel

·         Dit kom vanuit Dante Aligiere’s se gedig The Divine Comedy se eerste deel Inferno.  

·         Dan Brown se boek Inferno volg dit op dat satan inbeheer van die hel is.

 
  



Dit is die werke wat mense se denke beinvloed en nie die Skrif nie.
 
 
2. Verdere vraag wat gevra kan word - Was Jesus in die Hel?
 
a. Soos gesien leer van sommige “Faith” predikers leer dit

b. Die woorde in die Apostoliese geloof belydenis  leer dit ook, alhoewel verklaar word dat dit nie letterlik die bedoeling is nie.
·         “...wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het,...”   

c. Daar het ook verwarring onstaan aangesien daar in die Engelse taal nie ‘n woord vir doderyk( HADES) is nie en dus is doderyk en hel (GEHENNA)  beide as “Hell” vertaal

 
Daar is geen aanduiding dat Jesus in die hel (GEHENNA) was nie, maar wel in die doderyk, (HADES)
·         Hand 2:31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk (Hades) verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

 

Is daar op die oomblik iemand in die hel. Nee daar is geen so aanduiding in die Bybel nie.

 
3. Wie gaan eendag hel (poel van vuur en swawel) toe.

 a. Satan gaan in die hel gestraf word
·         Open 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
 


b. Mense wie nie in Christus glo nie, wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie gaan in die hel gewerp word.
·         Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

 

KOPIEREG EN REGSTELLINGS:

·         Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie.Waar daar wel van  inligting gebruik gemaak is word erkenning gegee. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.

·         Indien daar enige regstellings op die inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.

 

BYBELSE ANTWOORDE - ALGEMEEN - HAND 17:11

BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11 REFORMEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF      In hierdie blog wil ek poog om opreg...