Sunday 4 June 2017

DIE DOOP







BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11

REFORMEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF

    

In hierdie blog wil ek poog om opregte antwoorde vanuit die Bybel te kry oor sake wat vir die algemene gelowige van belang is. Verskeie sake sal bespreek word, nie noodwending in volgorde van belangrikheid of relevansie nie.






 

DIE DOOP

ONGEDOOPTES HEL TOE - GEDOOPTES HEMEL TOE?

WATTER DOOP?

 KLEIN? 
 
 
GROOT? 
 
 
GELOWIG?
 
 
 
 INHOUD

 

·         Algemene vrae

·         Begrafplaas as deel van teologiese oortuiging

·         Taalkundig na die doop in die skrif gekyk

·         Geskiedkundig na die doop en die skrif gekyk

·         Leerstellig na die doop en die skrif gekyk.

            “Die doop is die inlywing by die liggaam van Christus”

            “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom”

            “Die doop as teken van die verbond”

·         Simbolies na die doop in die skrif gekyk

·         Die verhouding bekering /geloof/doop

·         Wat sê bekende Gereformeerdes oor die doop.

·         Evaluasie van ‘n formulier vir die bediening van die heilige doop aan kinders

·         Die ontstaan van die kinderdoop

·         Vereistes vir ‘n dopeling

·         Opsommend

·         Gehoorsaamheid

 
ALGEMENE VRAE

 
Kom ons besin oor die doop. So baie is al gesê.

·         Gaan ongedoopte kinders hel toe?

·         Gaan gedoopte kinders hemel toe?

·         Waarborg die doop jou redding?

·         Waarborg die doop jou weergeboorte?

·         Kan ‘n verbondskind verlore gaan?

·         Is die doop die inlywing by die liggaam van Christus?

·         Kan Christus se liggaam verlore gaan?

·         Is die doop die inlywing by die liggaam van Christus?

·         Was die doop jou sonde af?

·         Wat is die nut van die verbond dan?

·         Wat is die nut van die doop dan?

·         Wanneer kom die verbond totstand - NT?

·         Doop uit die Katolieke Tradisie oorgeneem? 
 

ALGEMENE OPMERKINGS
 

A. Mense kan ‘n geweldige drukgroep vorm om hulle sin te kry. Bv
·         Mense wat hulle stem gebruik om te kry wat hulle wil hê
·         Of mense wat deur massa aksie kry wat hulle wil hê
·         Op aandrang van mense laat Pilatus ‘n onskuldige Jesus kruisig
·         Op aandrang van mense word die kinder-besprinkeling behou tydens die Kerkhervorming
 
B. Op aandrang van mense begin, in verskeie gemeentes in die land, nou om voorsienning te maak vir mense wat hulle laat onderdompel.
 
C. Die probleem is egter wat hierdie doop genoem moet word. Sommige se voorstel is:
·         Die herdenkingsdoop – jy herdenk jou besprinkeling.
·         Die viering van jou doop – jy vier jou besprinkeling
·         Die probleem is dat daar geen Bybelse gronde vir is ‘n besluit is nie
 
D. As gelowiges in Christus glo ons die Bybel is die onfeilbare Woord van God. Dus die volgende:
·         Ons geloofsbelydenisse moet vanuit die Skrif kom.
·         Ons leerstellinge moet vanuit die Skrif kom.
·         Ons gebruike in die gemeentes moet vanuit die Skrif kom.
·         Ons lewenswyse moet vanuit die Skrif kom.
 
E. Daar is diegene wat sê: “Dit is nie belangrik grootdoop of kleindoop nie.” Daar moet egter op die volgende gelet word.
·         Die Skrif ken nie terme of begrippe soos kleindoop of grootdoop nie, maar die begrip “Doop van die gelowiges” kom wel voor.
·         Dit is nie net die terme en metode van doop wat belangrik is nie, maar dit wat daarmee versimboliseer of voorgestel word, nl Verbond, besnydenis, verseël, ewige lewe, inlywing, ensomeer
 
F. Die Reformasie vanuit die Katolieke geloof, terug na die Skrif, was in sekere opsigte gestuit. Dit mag nie, ons moet voordurend reformeerend optree. Voortdurend terug na die Skrif.
 

‘N BEGRAFPLAAS AS DEEL VAN ‘N TEOLOGIESE OORTUIGING

 

Die onderstaande is uittreksel uit publikasies wat die bestaan van die begrafplaas bevestig. Die begrafplaas kan ook besigtig word. Hier kan die praktiese vergestalteliking van die ootuiging dat ongedooptes kinders “verlore” is gesien word. Geen Skrifbasis is hiervoor duidelik te vinde nie.
a. Volksblad- 2010-06-30 (Platteland vol verbeelding en kuns) - Daar is 37 ongedoopte kinders begrawe. Niemand wou hulle tussen die gedoopte kinders of volwassenes begrawe nie. Dan is daar die groot begraafplaas. Dit is skynbaar die enigste ABO-begraafplaas waarop die Engelse soldate en Boere op een terrein begrawe is.
b. Kontrei  - Bylae tot Volksblad - Woensdag 30 Januarie 2008  Bl.10  - Die eerste stilhouplek is die kinderkonsentrasiekamp-kerkhof waar ongedoopte babas begrawe is. Die lys name van babas wat enigiets van een dag tot een maand tot een jaar oud was, vertel ’n hartseer- storie. Die vervalle grafte, wat almal in die verkeerde rigting wys weens die ongedoopte status van die kleintjies, is ’n hartverskeurende herinnering aan die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902.
c. HENNIE VAN DER MERWE - Die dokumentêre video VERSKOEIDE AARDE - In die baie maande waartydens ons besig was met die produksie, was daar baie aangrypende ervarings. Maar sekeres was persoonlike emosionele belewenisse: 'n Kinderkerkhof by Springfontein; 'n kerkhof waarin ongedoopte kinders begrawe is -- weg van die gedooptes. Sou die Verlosser hulle nie wou hê nie! Wat sou 'n moeder ervaar het om haar ongedoopte kind weg van die gedooptes begrawe te sien word? Klein baba Fick -- vier dae oud. Wie kan die soort teologie regverdig. Dit is aangrypend -- meer as enige ander foto. Watter lyding vir diegene wat die baba daar moes gaan begrawe. Volkome verlies: dood en verlore.
 Byna 700 Boervroue en -kinders en 300 Britse soldate is in die begraafplaas 2 km suidoos van die dorp begrawe. Altesame 37 ongedoopte kinders is in die kinderbegraafplaas wes van die konsentrasiekamp begrawe. Ds. Sandrock, wat die Boere in die kamp bedien het, het geglo ongedoopte mense moet apart begrawe word.
 

TAALKUNDIG NA DIE DOOP IN DIE SKRIF GEKYK

 Die onderstaande netsoos die res van die geskrif moet in sy geheel beoordeel word, soos die verskillende fassette van ‘n diamant om die geheel te verstaan

a. Ek glo dat die Skrif, in die oorspronklike tale, die geinsprireedrde woord van God is.  Ek glo ook dat die Here God ook by vertaalwerk betrokke is.

·         Tog het ons gesien dat daar vertaal foute inkom oa om die volgende redes:

·         Gebrekkige kennis van woorde in ‘n taal – Bv ‘n taal wat nie ‘n woord vir liefde het nie.

·         Gebrekkige begrippe in ‘n taal – ‘n Bevolkingsgroep het nog nooit ‘n skaap gesien nie – Eskimo’s

 b. Ook vertalings met Teologiese begrippe reeds in gedagte, bv.

·         Mark 16:16 “Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.”

·         Mark 16:16 “16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

·         Let hier op die volgorde en die verlede-tyds teenoor die toekomstige

·         In die een geval word dit gestel jy is gedoop daarna glo jy - NV

·         In die ander geval glo jy eers dan laat jy jou doop - OV

 c. Dit is vir verbasend hoe Teoloë so sterk kan staan en sê die oorspronklike woord in die Grieks beteken dit of die oorspronklike woord in die Hebreeus beteken dat. 

·         Dan doen hulle ‘n studie van die woord in die oorspronklike taal en ook met reg so.

·         Tog wanneer dit bots met kerklikelering dan word daar verkies om die Griekse betekenis te ignoreer.

d. Nou voor ons na die Griekse woorde kyk net die volgende:

 



e. In Afrikaans het ons die woord doop en gebruik dit op ‘n alledaagse wyse in en om die huis, byvoorbeeld:

·         Ek doop my beskuit in die koffie.

·         Ek maak ‘n doopsous

·         Ek doop die kwas in die verf

·         Ek doop die materiaal in die kleurstof

 f. Wanneer die woord doop in sommige kerkkringe gebruik word dan skep ons ‘n ander betekenis vir die woord doop. 

·         Naamlik – bespinkeling of selfs bevogtiging


g. Terug na die woorde in oorspronlike taal in die Skrif

 
A. Randtidzo – wat besprikeling beteken soos in Heb 9:13. 19, 21

·         Heb 10: 22 “22 laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.”

·         Die begrip van besproeing, soos in die landbou

 

B. Baptidzo – onderdompeling beteken. (46 keer in 39 verse in die NT)

·         Sphiros Zodhaites - Submerse, Dip, Immerse, Overwhelm, Saturate
 
·           Lindell & Scott English Lexicon – dip under, to bathe, to baptize
 
 


 

 

h. Dus elke plek waar daar oor die doop met water gepraat word kan ons die woord onderdompel skryf bv.

·         Mark 16:16 “16 Hy wat glo en hom laat “onderdompel/indompel”, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

·         Ef 4:5 “5 een Here, een geloof, een indompeling/onderdompeling

·         In Ef 4:5 staan nie een Here, een geloof, “een besprinkeling (rantidzo)” nie

·         So ook nie in Mark 16:15 “16 Hy wat glo en hom laat “een besprinkeling (rantidzo)” sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

 
i. Selfs die Kerkhervormers soos Calvyn en Luther het die woord regverstaan en begryp

·         Institusies IV, C15, 19 van Calvyn  - “Dit is duidelik dat die term “doop” onderdompeling beteken, en dat dit die vorm is wat in die vroeë kerk gebruik is.”

·         Werke p319 van Luther “Volgens die betekenis van die woord behoort die kandidaat heeltemal in die water ingedompel te word en weer uit die water gehelp te word.”

 j. Ander Teoloë vanuit die Geeformeerde agtergrond verstaan dit asvolg

·         Ds GS du Toit – Heiligmaking p 113 “ Dit is seker dat die doop in die vroegste kerk deur onderdompeling geskied het.”

·         Prof BB Keet – Ons Redelike Godsdiens p 206 “Uit die berigte wat ons in die Nuwe Testament vind, bestaan daar geen twyfel dat die doop van volwassenes deur onderdompeling geskied nie.”

 

·         Vele ander Afrikaanse teoloë vanuit die Gereformeerde agtergrond kan soortgelyk aangehaal word.  Prof EP Groenewald en Dr  JH Kroeze

 
 
Dus is dit baie duidelik dat die woord doop die begrip dra soos ons dit in die algemeen in die huis gebruik, nl indruk, onder druk, onderdompel.

 

GESKIEDKUNDIG NA DIE DOOP EN DIE SKRIF GEKYK

 Wanneer ons geskiedkundig na die doop kyk, wil ek die opvattinge wat daar was en soms vandag nog is evalueer aan die hand van die Bybel, God se woord. Nog ‘n vraag; “Is dit moontlik dat die Reformasie (terug keer na die Skrif) op sekere gebiede gestagneer het, vanweë verskeie redes?

 Geskiedkundig was die volgende geleer:

 
1. Die doop red, gee die ewige lewe.

 
a. Dit is ‘n leer wat vanuit die Katolieke kerk kom en vandag nog deur hulle gehandaaf word

·         “Christ Among Us” a Modern Day Presentation of the Catholic Faith. “p190/1

·         Baptism is the sacrament in which Christ joins us to himself as a member of his church.”  Dit waar die woord “christening” van daan kom

·         “Baptism gives the new live of grace to one the one who does not have it.”

·         “By baptism Christ forgives us all our sins.”

·         Die logiese oplossing volgens hierdie leer is, vergeet van evangelisasie, besprinkel alle babas sommer daar waar hulle gebore word en dan is hulle gered.




b. Dit is ook iets wat, al word dit vandag nie meer in Protestante en Gereformeerde kringe oor die algemeen bely nie, tog in die parktyk geglo en toegepas word.
·         Soos die voorbeeld aan die begin vermeld rakende die dorp Springfontein. Daar is twee begrafplase; een waarin mense wat gedoop was, begrawe is en ‘n ander waarin daar 37 babagrafies is, waarin net baba’s wat ongedoop (onbesprinkel) is begrawe is. Daar was nie ‘n predikant wat bereid was om onbesprinkelde baba’s in die hoofbegraafplaas te begrawe nie. Die begrafplaas was onlangs opgeknap en kan besoek word.
 

c. Die kerk kon nie volledig wegbreek van die Katolieke leer nie, want die ouers het geglo indien hulle kinders nie met heilige water besprinkel word nie, hulle hel toe sou gaan en so was die Katolieke besprinkeling behou.

 d. Dit was agv die druk van mense wat bespinkeling behou was, tydens die Kerkhervorming; nou wil gemeentes wat in die besprinkeling glo, die onderdomplingsdoop inbring, dit vanweë die druk van mense.

·         Dit is die verkeerde motivering, daar moet gekyk word wat die Here God in Sy woord leer.

 e. Kom redding deur die doop? Is dit wat die Skrif leer? Nee.

·         Redding kom deur weergeboorte, deur die Heilige Gees.

 
Die Reformasie verder gevoer - Gereformeerdes aan die woord:

·         Ds JD Voster - Ossewa reeks no 11, Die Federasie van Calvanistiese verenigings in SA “Die doop is allen vir gelowiges ingestel – van die begin af sien ons is daar geëis dat die dopeling eers die belydenis van geloof moes doen.”

·         Bybel met verklarende aantekeninge  – Verenigde Protestantse Uitgewers Kaapstad 1959 Redaksie – Prof Dr B Gemser, As Geyser, Ep Groenwald, JH kroeze, JAC Muller, et al.  P 326  Hand 2:38 “Die Christelike doop volg op die geloof in Christus 16:31, was verbonde aan Sy naam, 2:38; 8:16, wat aangeroep is deur die dopeling, 22:16. Die aanroeping van Sy naam beteken die aanvaarding van Hom as Heer en Meester. “vergewing van sonde” nie die doop as sodanig bewerk vergifnis nie, maar dit dien as teken en seël van die vergifnis en verseker die wat hulle bekeer daarvan.”
 

 

LEERSTELLIG NA DIE DOOP EN DIE SKRIF GEKYK

 Die volgende leerstellinge word gemaak:

1.  “DIE DOOP IS DIE INLYWING BY DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS” EN DAN WORD NA BESPRINKELING VERWYS.

Hiervolgens red die doop dan ook soos hierbo genoem,  let op die volgende standpunte in die verband:
a. Leef uit jou Doop: Inlywing in die verbond - Adrio König – 2.4 “Dis interessant dat al drie die betekenisse waarna ons so ver gekyk het, met inlywing te doen het. Deur die doop word ons in Christus ingelyf, in sy liggaam ingelyf, en nou ook in die verbond ingelyf.”
 



b. Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland – Tuisblad – “Die simbool van water by die Heilige Doop (Mat. 28:18-20) is 'n teken van die afwassing van sonde en van die nuwe lewe in Christus en inlywing in die liggaam van Christus.

c. NGK Elarduspark Tuisblad – “Waar die doop ook dien as teken en seël van die inlywing in die kerk van Jesus Christus, leef ons nou as dankbare en dienswillige ledemate van sy liggaam (Ef. 4: 16).”

·         Die kerk van Jesus Christus is sekerlik die liggaam van Christus

 d. Tuisblad van dr. A.H. Bogaards - Die doop is dus in sover die inlywing in Christus dat die gedoopte onder die heerskappy van Christus gebring is en dat hy die belofte van die inlywing deur die Heilige Gees in die liggaam van Christus ontvang het. In die doop is daardie belofte beteken en verseël.

e. Die Heidelbergse Kategismus  -Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?
Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes (b) en die Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is.

·         Die kerk van Jesus Christus is sekerlik die liggaam van Christus


f. Opsommende van bostaande aanhalings – By die besprinkeling word die persoon in die liggaam van Christus ingelyf, by die verbond ingelyf, en ontvang die persoon ook die Heilige Gees, saam met die lering van die uitverkiesing kan so ‘n persoon nie verlore gaan nie.

 g. Hiervolgens red die doop dan ook soos hierbo genoem, maar erger nog. Dan is die vraag: “Is die besprinkeling dan ‘n waarborg dat ‘n persoon gered/wederbaar sal word?”

·         Indien nie, skep dit ‘n krisis, want indien Kosie besprinkel is, maar hy kom nie tot bekering en word weergebore nie, dan gaan hy hel toe. Dit is onhoudbaar, want dan gaan ‘n deel van die liggaam van Christus, by implikasie hel toe en is die Verbond in Christus waardeloos gemaak. Dit is onmoontlik. 

h. Hierdie sienning is totaal uitpas met die hele Skrif. Die liggaam van Christus kan nie verlore gaan nie.

 
2.  “DIE DOOP HET IN DIE PLEK VAN DIE BESNYDENIS GEKOM” EN HIER WORD OOK NA DIE BESPRINKELING VERWYS

A. Die verbond tree dus inwerking by die doop (Besprinkeling).Let op die volgende standpunte in die verband:

i. Crux Kruiskerk – Tuisblad – “Omdat die doop nou in die plek van die besnydenis gekom het, moet die kinders as erfgename van die ryk van God en sy verbond gedoop word. Die ouers is verplig om hulle kinders, soos hulle opgroei, hieroor breedvoerig te onderrig (Kol 2:11, 12; Eks 13:14, 15; Deut 6:7; Ps 78: 5, 6, 7).”
ii. Leef uit jou Doop: Inlywing in die verbond - Adrio König – 2.4Dis interessant dat al drie die betekenisse waarna ons so ver gekyk het, met inlywing te doen het. Deur die doop word ons in Christus ingelyf, in sy liggaam ingelyf, en nou ook in die verbond ingelyf.”


B. Die ware besnydenis volgens die NT

Kol  2:11&12 “11 in wie julle ook besny is met ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”
Fil 3:3 “3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;”
 
Rom 2:28&29 “28 Want nie hy is ’n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dit is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;  29 maar hy is ’n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.”

Ware besnydenis vindplaas tydens weergeboorte en daarna volg die doop met water. Simboliek die sterwe en opstanding, deurdat die dopeling onder die water ingaan en daaruit opkom. Kol 2:11&12.

 

C. Die fisiese besnydenis is nie meer nodig:

 
Vanuit die onderstaande sien ons dat die besnydenis nie meer nodig is nie.

 Hand 15:23-25 “23 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete! 24 Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, 25 het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus - 26 manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus. 27 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring. 28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: 29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

Gal 5:2&3 “2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.  3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

 

D.  Die verhouding doop-besnydenis
 
Die doop het nie in die plek van die besnydenis gekom nie.

·         Indien die doop in die plek van die besnydenis gekom het, sou die apostels dit gesê het tydens die eerste “kerkvergadering” in Jerusalem en so sou die “probleem” wat hanteer was opgelos wees. – sien Hand 15:23-25

·         Indien die doop in die plek van die besnydenis gekom het, dan moet ons konsekwent optree. Slegs die mans was besny, dus mag slegs mans gedoop word. Wat dan van die vroue? Die doop is vir almal ingestel manne en vroue (oud en jonk), wat aan die vereistes vir ‘n dopeling voldoen - Hand 8:12

·         Die besnydenis van die hart moet eers plaasvind, ‘n persoon word kind van God deur die besnydenis van die hart. Nie die fisiese besnydenis of die doop nie - Rom 2:28&29

·         Die besnydenis was net vir die fisiese Israel ingestel, dus sou die doop, volgens bogenoemde dan net vir die fisiese Jode geld.

·         Indien die doop in die plek van die besnydenis gekom het, dan was dit nie nodig vir die wat besny was hulle om hulle te laat doop nie. Dit sou dan net nodig wees vir die wat nie besny was nie. Let tog op die volgende:

§  Jesus was besny en tog laat Hy hom deur Johannes doop – Luk 2:21

§  Die Jode op pinksterdag was besny, maar is eers gedoop nadat hulle hul geloof in Christus verklaar het.

§  Paulus was besny op die agtste dag, maar was eers gedoop na sy bekering.

 
E.  Verder kan ook genoem word:

·         Die fisiese besnydenis was net vir Jode, die doop vir almal

·         Die fisiese besnydenis was net vir mans, die doop vir almal

·         Toe die Jode in Hand 15 wou hê dat die nie-Jode besny moes word, kan die Apostels ‘n maklike uitweg gehad het deur te sê: “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom.” Hulle doen dit nie, want dit is nie so nie.

 F. Let ook op:
·         Fil 3:3 “3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;”


3.  “DIE DOOP AS TEKEN VAN DIE VERBOND” EN HIER WORD OOK NA DIE BESPRINKELING VERWYS

A. Aanhaling uit Gereformerde geskrifte:
i. Crux Kruiskerk – Tuisblad – “Omdat die doop nou in die plek van die besnydenis gekom het, moet die kinders as erfgename van die ryk van God en sy verbond gedoop word. Die ouers is verplig om hulle kinders, soos hulle opgroei, hieroor breedvoerig te onderrig (Kol 2:11, 12; Eks 13:14, 15; Deut 6:7; Ps 78: 5, 6, 7).”

ii. Leef uit jou Doop: Inlywing in die verbond - Adrio König – 2.4Dis interessant dat al drie die betekenisse waarna ons so ver gekyk het, met inlywing te doen het. Deur die doop word ons in Christus ingelyf, in sy liggaam ingelyf, en nou ook in die verbond ingelyf.”

iii. Die Heidelbergse Kategismus  -Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?
Antwoord:Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes (b) en die Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is.


B. Kom ons let nou verder op die doop-verbond gedagte (Doop=besprinkeling)

·         Dit gaan saam met die lering dat die persoon nou in ‘n genade verbond met die Here God kom staan, jy word ‘n verbondskind.

·         Hier weereens ‘n vraag: “Kan ‘n verbondskind hel toe gaan?”

·         Indien Ja, ‘n verbondskind kan hel toe gaan, wat is dan die nut van die sg verbond?

·         Indien Nee, ‘n verbondskind kan nie hel toe gaan, dan waarborg die besprinkeling, in hierdie geval die redding van  die persoon.

·         Hierdie sienning is totaal uitpas met die hele Skrif.

·         Die besnydenis wat nou in die NT onder die Nuwe Verbond genoem word is die besnydenis van die hart, wat dui op weergeboorte. (Gal 3:7-9, 3:29, 5:15, Fil 3:3, Rom 2:28, Kol 2:11) 

C. Verder kan ook geen voorbeeld van besprinkeling as doop in die Skrif gevind word nie. Ons kan nie aannames maak dat dit moontlik kom gebeur het nie, want dan maak ons onsself oop vir baie dwaalinge.
D. Ons kan nie aannamens maak dat die kinders wat gedoop is, soos in die Skrif opgeteken, is wel babas was, wat self nie kon glo nie. Dit is spekulasie, dus moet ons bly by dit wat ons verseker weet.
E. Ontstaan die verbond nie eers, wanneer die persoon kind van God word nie. Wanneer die persoon deel van die nuwe Israel word nie?
·         Rom 2:28&29 “28 Want nie hy is ’n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dit is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ’n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.”

·         Joh 1:12&13  12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.”

·         Gal 6:15&16  15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ’n nuwe skepsel.16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!”

 F. Kom let op die volgende: 

a. Onder die Ou Testamentiese Verbond geld die volgende: 

1.    Dit is ‘n Bloed verbond – die besnydenis aan die voorhuid, asook diere offers.     

2.    Die verbond geld vir die nageslag van Abraham gekom deur fisiese geboorte

3.    Dit is net die manlike wat besny word
                                                           

b. Onder die Nuwe Testamentiese Verbond geld die volgende:
 

1. Dit is ‘n Bloed verbond - deur Jesus se bloed 

2. Die verbond geld vir die nageslag van Abraham, gekom deur die geloof in Christus– deur weergeboorte
·         Gal 3:14 “14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.” 

 
3. Dit is vir alle mense en alle geslagte
·         Gal 3:28&29 “28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”
 

4. Die verbond kom tot stand vir die wat in Christus is en hulle word erfgename.

5. Die Nuwe verbond is vir hulle wat uit God gebore is.
·         Joh 1:12&13 “12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.” 

G. Al drie hierdie geskiedundige kerkleringe, waarvan sommige selfs in belydenis skrifte vervat is, is dus duidelik nie Skriftuurlik nie.  Geen Skrif basis kan vir dit gevind word nie.


SIMBOLIES NA DIE DOOP IN DIE SKRIF GEKYK
 

A. Die simboliek van die doop (baptidzo)dui aan op die sterwe saam met Christus en die opstanding saam met Hom in ‘n nuwe lewe. Dat die dopeling onder die water in gaan dui op sy/haar sterwe en dat hy/sy uit die water opkom dui op sy/haar opstanding in ‘n nuwe lewe.



 
B. Die besprinkeling (randtizo) simboliseer beslis nie op die sterwe en opstanding van ‘n persoon, daarom kan jy nie praat van “...omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop...” ( Kol 2:10)  wanneer jy besprinkel nie.

C.  Prof Dr JH Kroeze in “Handboek by die Bybelse Geskiedenis OT” p 63 stel dit asvolg: “Dieselfde gedagtes van gerig en redding lê in die doop, wat die teëbeeld van die sondvloed is (1Pet 3:21) Dat die dopeling ondergaan in die water, beteken sy ondergang in die dood weens die sonde! Hier word hy in die dood van Christus gedoop; maar dat hy oprys uit die doopwater, dui op sy opstanding met Christus tot ‘n nuwe lewe.”

D. Sien ook Prof EP Groenewald “Handboek by die Bybelse Geskiedenis NT” p89-90‘n Handboek wat voorgeskryf was vir die admissie eksamen, tot toelating by die kweekskool, van voornemende Teologies studente, NGK.


DIE VERHOUDING BEKERING/GELOOF/DOOP

 Is daar hoegenaamd enige verband tussen die doop en die geloof van die dopeling?

A. Kom ons let op die volgende Skrifgedeeltes

·         Mark 16:16 “16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

·         Hand 2:38 “38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

·         Hand 22:16 “16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.”

·         Hand 8:36&37- "En terwyl hulle voortreis op die padkom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water, wat verhinder my om gedoop te word ? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is."

·         Hand 8:12 - "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue."

 
B. Ons sien hier die woorde bekering, geloof en doop, asook die vergifnis van sonde. Die doop werk nie vergifnis nie, maar is ‘n seël en teken daarvan.

C. Let ook op ,die aanroep van die Here God se naam, in die verband.

 D. Die Bybel met verklarende aanteken stel dit mooi.
·         Bybel met verklarende aantekeninge  – Verenigde Protestantse Uitgewers Kaapstad 1959 Redaksie – Prof Dr B Gemser, As Geyser, Ep Groenwald, JH kroeze, JAC Muller, et al.  P 326

·         Hand 2:38 “Die Christelike doop volg op die geloof in Christus 16:31, was verbonde aan Sy naam, 2:38; 8:16, wat aangeroep is deur die dopeling, 22:16. Die aanroeping van Sy naam beteken die aanvaarding van Hom as Heer en Meester. “vergewing van sonde” nie die doop as sodanig bewerk vergifnis nie, maar dit dien as teken en seël van die vergifnis en verseker die wat hulle bekeer daarvan.”
 



E. Sien ook :
·         Ds JD Voster - Ossewa reeks no 11, Die Federasie van Calvanistiese verenigings in SA “Die doop is alleen vir gelowiges ingestel – van die begin af sien ons is daar geëis dat die dopeling eers die belydenis van geloof moes doen.”

 
WAT SÊ BEKENDE GEREFORMEERDES OOR DIE DOOP
 
A. Enkele aanhaalings uit geskrifte deur Gereformeerde Teoloë:

·         Institusies IV, C15, 19 van Calvyn  - “Dit is duidelik dat die term “doop” onderdompeling beteken, en dat dit die vorm is wat in die vroeë kerk gebruik is.”

·         Werke p319 van Luther “Volgens die betekenis van die woord behoort die kandidaat heeltemal in die water ingedompel te word en weer uit die water gehelp te word.”

·         Ds GS du Toit – Heiligmaking p 113 “ Dit is seker dat die doop in die vroegste kerk deur onderdompeling geskied het.”

·         Prof BB Keet – Ons Redelike Godsdiens p 206 “Uit die berigte wat ons in die Nuwe Testament vind, bestaan daar geen twyfel dat die doop van volwassenes deur onderdompeling geskied nie.”

·         Ds JD Voster - Ossewa reeks no 11, Die Federasie van Calvanistiese verenigings in SA – “Die doop is allen vir gelowiges ingestel – van die begin af sien ons is daar geëis dat die dopeling eers die belydenis van geloof moes doen.”

·         Bybel met verklarende aantekeninge  – Verenigde Protestantse Uitgewers Kaapstad 1959 Redaksie – Prof Dr B Gemser, AS Geyser, Ep Groenwald, JH kroeze, JAC Muller, et al.  P 326

Hand 2:38 “Die Christelike doop volg op die geloof in Christus 16:31, was verbonde aan Sy naam, 2:38; 8:16, wat aangeroep is deur die dopeling, 22:16. Die aanroeping van Sy naam beteken die aanvaarding van Hom as Heer en Meester. “vergewing van sonde” nie die doop as sodanig bewerk vergifnis nie, maar dit dien as teken en seël van die vergifnis en verseker die wat hulle bekeer daarvan.”

B. Prof Dr JH Kroeze in “Handboek by die Bybelse Geskiedenis OT” p 63 stel dit asvolg: “Dieselfde gedagtes van gerig en redding lê in die doop, wat die teëbeeld van die sondvloed is (1Pet 3:21) Dat die dopeling ondergaan in die water, beteken sy ondergang in die dood weens die sonde! Hier word hy in die dood van Christus gedoop; maar dat hy oprys uit die doopwater, dui op sy opstanding met Christus tot ‘n nuwe lewe.”

C. Sien ook die volgende:
·         Prof EP Groenewald “Handboek by die Bybelse Geskiedenis NT” p89-90  ‘n Handboek wat voorgeskryf was vir die admissie eksamen, tot toelating by die kweekskool, van voornemende Teologies studente, NGK.

·         Ds J du Plessis – Die Soeklig – 15 Feb 1933

·         Ds van Belkom – Die Hervormer – 15 sept 1918

·         Ds Js Kriege – Die Heilige Doop, Die Herder, Nov 1935

·         Ds Wolmarans – Die Heilige Doop, p7

·         Dr K Barth (Aangehaal in die kerkblad, 19 Julie 1939, p27, ‘n Offisiële orgaan van ndie Gereformeerde Kerk van SA)

·         Ds JJ Kuhn – Nederduitse Hervormde Kerk Alamank 1924, p 169
 

EVALUASIE VAN ‘N FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE DOOP AAN KINDERS

a. Die onderstaande word netsoos in die oorspronklike dokument aangehaal
Ten tweede:  Die heilige doop betuig en verseël aan ons die afwassing van die sondes deur Jesus Christus.  Daarom word ons gedoop in die Naam van God:  die Vader en die Seun en die Heilige Gees.  Want as ons in die Naam van die Vader gedoop word, betuig en verseel die Vader aan ons dat Hy 'n ewige genadeverbond met ons oprig, ons tot sy kinders en erfgename aanneem en ons daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer of tot ons beswil beskik.
En as ons in die Naam van die Seun gedoop word, verseël die Seun aan ons dat Hy ons in sy bloed so van al ons sondes was - waarmee Hy ons in sy dood en opstanding inlyf - dat ons van ons sondes bevry en voor God regverdig gereken word.
Net so ook as ons in die Naam van die Heilige Gees gedoop word, verseker die Heilige Gees ons deur hierdie heilige sakrament dat Hy in ons wil woon en ons tot lidmate van Christus wil heilig deur tot ons eiendom te maak wat ons in Christus het, naamlik die afwassing van ons sondes en die daaglikse vernuwing van ons lewe, totdat ons eindelik onder die gemeente van die uitverkorenes in die ewige lewe vlekkeloos gestel sal word.
 

B. Die volgende vrae na aanleiding van wat hierbo genoem word, mbt die kinderdoop. 

1. Betuig en verseël die doop werklik die afwassing van die sondes deur die bloed van Jesus Christus?
·         Implikasie -  indien ek gedoop is, is my sonde afgewas en het ek die ewige lewe.

 
2. Betuig en verseël die doop werklik dat ek kind van God en erfgenaam is?
·         Implikasie indien ek gedoop is, is ek kind van God en het ek die ewige lewe.
 

3. Betuig en verseël die doop werklik dat Christus  ons in sy dood en opstanding inlyf - dat ons van ons sondes bevry en voor God regverdig gereken word?
·         Implikasie indien ek gedoop is, is ek van my sondes bevry en word ek voor God regverdig gereken.
 

C. Bly hierdie implikasies van my doop vir die res van my lewe geldig, aldan nie?
 

D. Op watter stadium van my lewe word die implikasies van my doop ongedaan gemaak op so ‘n wyse dat ek my moet bekeer, in Christus moet glo en weergebore word?
 

E. Indien die implikasies van my doop nie ongedaan gemaak kan word nie, dan beteken dit persy, dat die doop my red. 

 

DIE ONSTAAN VAN DIE KINDERDOOP

 A. Die kinderdoop het ontstaan vanuit ‘n geskiedkundige agtergrond, nl dat die Katolike kerk, kinders met heilige water aangeraak het en so hulle die ewige lewe gegee het. Hierdie sienning word vandag nog gehandhaaf in die Katolieke Kerk
 
·         Christ Among Us” a Modern Day Presentation of the Catholic Faith. “p190/1

·         “Baptism is the sacrament in which Christ joins us to himself as a member of his church.”  Dit waar die woord “christening” van daan kom

·         “Baptism gives the new live of grace to one the one who does not have it.”

·         “By baptism Christ forgives us all our sins.”
 

B. Let op wat ander Gereformeerde Teoloë in die verband te sê het: 

1. Prof J du Plessis (Hoogleraars NGK Kweekskool), Die Soeklig, 15 Maart 1933
·         “As ons die hele kwessie sielkundig beskou (aangesien historiese gegewens so gebrekkig is) lyk dit baie daarna, dat die gewoonte om kinders te doop sy ontstaan gehad het, nie soseer uit die bepalings van die Kerk nie, as uit die begeetre en die aandarng van ouers. Hulle was in die vroeë tyd (net soos nou) baie bang dat hulle kinders moontlik kon sterf voordat hulle jare van diskressie bereik het, en derhalwe (as synde ongedoop) verlore sou gaan” 

2. Dekaan Stanley, Church of Engeland, Contemporary Review, 1879, p 1699
·         “Een (rede) was ongetwyfeld die bygelowige gevoel betreffende die doop as toormiddel wat onontbeerlik is v ir saligheid, en derhalwe daarop aangedring is dat alaml, al sou hulle ook onbewus daarvan wees, met water aangeraak moes word.” 

3. Prof Hahn – Theology, p556
·         “Suigelingsdoop het ontstaan uit valse beskouings aangaande die oorsprong van sonde, en die magiese krag van heilige water.”
 

 

VEREISTES VIR ‘N DOPELING

A. Die persoon wat gedoop word moet aan die volgende voldoen:

·         Moet ‘n dissipel van Jesus wees - Matt 28:19

·         Moet in Jesus Christus glo - Mark 16:16, Hand 8:36&37

·         Moet Sy naam aanroep - Hand 22:16

·         Moet ‘n bekeerde wees - Hand 2:38

 B. Die “proses” kan nie sonder meer verander word nie. Mense moet hulle bekeer van hulle sondige weë en in die Here Jesus glo en hulle dan laat doop.

 C. Ons sien die patroon op verskeie plekke in die Skrif, vir Jode en nie-Jode.

·         Die Jode op pinksterdag.

·         Die Ethiopiër op die wa.

·         Paulus na sy bekering.

·         Corneluis wat deur Petrus bedien was en gelowige geword het. 

·         Die tronkbewaarder wat deur Paulus en Silas bedien was en gelowige geword het en sy huisgesin.          
 

OPSOMMEND

 A. Kom ons kyk weer na die vrae wat ons in die begin gevra het. Wat sal u op elkeen antwoord?

 B. Indien ek weer na alles kyk blyk dit dat die kinderdoop onstaan het uit die begeertes van ouers eerder as voorskrifte vanuit die Skrif.

C. Dit blyk ook dat die Hervormingsbeweging wat hier ook die doop ingesluit tot stilstand gekom het en nie in alle opsigte terug na die Skrif hervorm het nie.

 
D. Dit blyk dat verskillende Teoloë verskillende verduidelikings moet gee rakende sake soos:

·         “Die doop is die inlywing by die liggaam van Christus”

·         “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom”

·         “Die doop as teken van die verbond”

 E. Indien met sake soos bekering, wedergeboorte, geloof in Christus, saamgestem word as voorvereistes vir ingang tot God se koninkryk. Wat is die doel van die kinderdoop?

·         Waarborg die kinderdoop wedergboorte in die toekoms?

·         Waarborg die kinderdoop redding?

·         Waarborg die kinderdoop die ewige lewe?

 
F. Nog ‘n paar vrae:

·         Gaan ‘n gedoopte, nie weergebore persoon die koninkryk van God binne?

·         Gaan ‘n ongedoopte, weergebore persoon koninkryk van God binne?

·         Gaan ongedoopte kinders hel toe, soos wat Springfontein begrafplaas ‘n bewys van hulle geloof was.

·         Wat van die baba wat in die hospitaal sterf, paar dae na geboorte, voordat die ouers hom/haar kon doop?

 
G. Dit blyk dat die doop op die verkeerde plek en tyd geplaas word, die doop behoort eers aan ‘n persoon bedien te word:

·         Nadat hy/sy weergebore is.

·         Kind van God geword het deur aanneming Joh 1:12

·         Nadat hy/sy besnydenis van die hart ervaar het.

 H. Net nog ‘n opmerking, indien suigelinge gedoop mag word, hoekom mag hierdie suigelinge nie ook deel in die nagmaal nie?

 

GEHOORSAAMHEID

 
A. Kan jy jouself ‘n gelowige in Christus noem, maar nie doen wat Jesus beveel nie?

·         Bekeer jou nie?

·         Glo nie in Christus nie?

·         Bid nooit nie?

·         Lees nooit die Bybel nie?

·         Gaan nooit na die erdienste toe nie?

·         Vertel niemand ooit van die Here nie?

·         Gebruik nooit die nagmaal nie?

·         Laat jou nie doop nie?

 B. Verskeie bronne was graadpleeg – erkenning waar moontlik, is in die dokument gegee.
C. Dank ook aan Dr Gielie Joubert - vanuit een van sy dokumente het ek van die inligting en verwysings verkry.



DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 







BYBELSE ANTWOORDE - ALGEMEEN - HAND 17:11

BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11 REFORMEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF      In hierdie blog wil ek poog om opreg...