REFORMEEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF
In hierdie blog wil ek
poog om opregte antwoorde vanuit die Bybel te kry oor sake wat vir die algemene
gelowige van belang is. Verskeie sake sal bespreek word, nie noodwending in
volgorde van belangrikheid of relevansie nie.
DIE SABBAT/SONDAG
EERS ‘N PAAR DEFINISIES:
Die Skrif – die hele OT en NT, wat die finale
gesag is rakende die leer en die lewe van die mens.
Die wet
- Die wet van Moses – die wet wat die Here God aan Moses gegee het vir die volk Israel (Heb 10:28, Hand 15:5, Hand 13:39)
- Die wet van die “mensdom” – dit wat die mens glo volgens sy gewete, (Verkry toe Adam en Eva van die boom van keennis van goed en kwaad eet) – Gen 3:22 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.
- Die wet van Christus – Die wat wat deur die Gees van God in die hart en verstand van die weergebore mens in gegee word. (1 Kor 9:21
- Die wet van vryheid – Vrygemaak van die wet van Moses, onder God se genade, gehoorsaam aan Christus se lering (Jak 1:25, Jak 2:12)
Die Sabbat – Vrydag sononder tot
Saterdag sononder
Sondag - Eerste dag van die week
Opmerkings:
Die gelowige is nie onder die wet van Moses
nie – Rom 3:28, Gal 2:16, Gal 3:2, 3:5, Gal 3:10
Die wet
van God aan Moses gegee begin by Eks
20:1 en eindig in Eks 31:18.
1. DIE
SABBAT EN VIR WIE IS DIT GEGEE
Die Sabbat
het nie begin by die skepping nie.
Die eerste
vermelding van die Sabbat- Eks 16:23, By die voorsienning van die Manna.
Die
Sabbat was vir die volk Israel gegee, nie vir die gelowiges in Christus in die
NT nie.
Sien ook Eks
31:13, Eks 31:17, Deut 5:15
Die Sabbat is vir Israel gegee vir drie redes:
2. JESUS SE “SABBATSOORTREDING”, VOLGENS DIE JODE:
·
Oes op die Sabbat - Matt 12:1-8
·
Genees op die Sabbat - Matt 12:9-14, Luk 13:9-16, Luk 14:1-6, Joh
5:1-20, Joh 9:1-16.
·
Dit was volgens hulle oortredinge van die wet, want dit het werk behels.
3. VOORSKRIFTE VAN DIE SABBAT
Indien jy die Sabbat wil hou moet jy dit doen soos die Here God sê, geen
uitsonderings nie. Slegs die Here God mag uitsonderings gee.
Voorskrifte vir die Sabbat?
·
Geen werk deur niemand
nie – Ex 20:9-11, Lev 23:3
·
Doodstraf vir
Sabbatsoortreders – Ex 31:14&15
·
Geen vuurmaak – Ex 35:3
·
Brandoffers, Spysoffers
en Drankoffers moet elke Sabbat gebring word – Num 28:9
Is daar uitsonderings op die bogenoemde?
·
Wie het mag om
uitsondering op die bogenoemde te gee?
·
Waar word die
voorskrifte opgehef vir die moderne samelewing?
·
Waar kry jy uitsondering
op hierdie voorskrifte?
Gebruik jou gesonde verstand, sal jy sê. Nog nooit het die Here God gesê ek
mag my gesonde verstand die standaard maak nie. Gesonde verstand geld slegs
wanneer dit in die lig van die Skrif gebruik word.
God se woord bly die standaard en slegs Hy mag uitsonderings gee.
·
Maar uitsonderings op
Sabbat werk is nie nodig nie, want ons lewe nie onder die wet na Moses nie.
·
Moet ons dit ook
handhaaf?
·
Elke sewende jaar mag jy
nie plant of oes nie – Lev 25:4-6.
·
Handhaaf jy dit? Is jou
antwoord nee, wie gee jou die reg om die een voorskrif van die Here, nl die
Sabbat te wil handhaaf, maar nie die Sabbatsjaar nie?
·
Maar Sabbatsjaar is nie
nodig nie, want ons lewe nie onder die wet na Moses nie.
4. IS SABBAT OOK VIR DIE GELOWIGES UIT DIE HEIDENE
(NIE-JODE)
Tydens
die Kerkvergadering, opgeteken in Handelinge 15 leer ons dat die wet van Moses
nie op gelowiges in Christus vanuit die heidendom van toepassing is nie, dit
geld ook vir die Sabbat.
·
Hand 15:5 “5 Maar sommige gelowiges
uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat
hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.”
·
Hand 15:28&29 “28
Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te
lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:29 dat julle jul onthou van
afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul
hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!”
·
Gal 5:3&4 “3 En
ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting
is om die hele wet te onderhou.4 Julle wat geregverdig wil wees deur
die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.”
Ook vir Israel het daar ‘n nuwe verbond gekom
·
Heb 8:10 “10 Want
dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek
die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en
Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.”
5. DIE WARE SABBATSRUS
Die gelowiges in Christus gaan hulle Sabbatsrus in die
dag wanneer hulle die Here Jesus Christus as Verlosser aanvaar. Op Hom alleen (Solus
Christus) steun vir hulle redding en nie in werke nie.
2 Want aan ons is die
evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking
het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig
was nie.
3 Want ons wat geglo het,
gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal
in my rus nie ingaan nie - alhoewel sy werke van die grondlegging van die
wêreld af volbring is.
4 Want Hy het êrens van
die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke
gerus;
5 en nou hier weer: Hulle
sal in my rus nie ingaan nie.
6 Terwyl dit dan so is dat
sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur
ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
7 bepaal Hy weer ’n sekere
dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag
as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.
8 Want as Josua aan hulle
rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.
9 Daar bly dus ’n
sabbatsrus oor vir die volk van God;
10 want wie in sy rus
ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
11 Laat ons ons dan beywer
om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van
ongehoorsaamheid mag val nie.
Onder die Ou Bedeling – OT- Ou verbond
moes jy aan God se wet voldoen. Dit was ook net vir die volk Israel
bedoel.
Onder die Nuwe bedeling – NT – Nuwe Verbond – Kan jy nie gered word deur
werke nie; die onderhouding van die wet nie. Dit is vir alle mense nie net vir
die Jode nie.
Om in God se Sabbatsrus in te gaan, geskied nie deur werke nie. Nie deur
wetsonderhouding nie.
Ons gaan God se Sabbatsrus in deur
die geloof in Jesus Christus, nie deur werke nie.
Almal wat Jesus aangeneem het lewe in ‘n Sabbat.
6. VERDERE LERING OOR DIE SABBAT/SONDAG
Die Sabbat is nie die Sondag nie.
·
Die Sabbat strek van
Vrydag, sononder tot Saterdag sononder.
·
Sondag strek van 24:00
Saterdag tot 24:00 Sondagaand.
·
Wie gee mense die reg om
die Sabbat op die Sondag toe te pas?
·
Wie gee mense die reg om
sekere Sabbatsvoorskrifte op die Sondag toe te pas en ander Sabbatsvoorskrifte
nie op die Sondag toe te pas nie, wie besluit?
·
Hand 20:7 “7 En
op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te
breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en
hy het sy rede gerek tot middernag toe.”
·
Van die gelowiges, veral die uit die Jode, het ook op die Sabbat bymekaar
gekom – vele voorbeelde in die Skrif
Wie het Sondag die
Sabbat gemaak? Wie het die Sabbat Sondag gemaak?
Die Katolieke Kerk het ook haar rol
hier in gespeel
7. WAT LEER DIE SKRIF
OOR VERSKILLENDE DAE
Rom 14:4-6 “4 Wie is jy wat die
huiskneg van ’n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer;
maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.5 Die
een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in
sy eie gemoed ten volle oortuig wees.6 Hy wat die dag waarneem,
neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem
dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here,
want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank
God.”
·
Oordeel jy die persone
wat die Here dien, maar nie soos jy die Sabbat hou nie?
·
Oordeel jy die persone
wat die Here dien, maar nie soos jy die Sondag hou nie?
·
Lees weer Rom 14:4-6.
8. WAT
IS BELANGRIKER, DIE DIE DAG OF WAT JY MET DIE DAG MAAK?
Vra die vrae:
·
Het Sabbatonderhouding
of Sondagonderhouding ‘n wet vir jou geword?
·
Is dit ‘n werk wat jy
doen om “krediete” by die Here God op te
bou?
·
Eer jy werklik die Here
God daardeur of versadig jy net jou vleeslike begeerte en jou gewete daardeur?
·
Oordeel jy die persone
wat die Here dien, maar nie soos jy die Sabbat hou nie?
·
Oordeel jy die persone
wat die Here dien, maar nie soos jy die Sondag hou nie?
·
Lees weer Rom 14:4-6.
VRA DIE
BELANGRIKE VRAAG. DIE ALLER BELANGRIKSTE VRAAG VAN JOU HELE LEWE.
HET JY AL DIE SABBATSRUS VAN GOD INGEGAAN?
HEB
4:9-11
“9 Daar bly dus ’n
sabbatsrus oor vir die volk van God;
10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van
syne.
11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in
dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.”
Glo in
die Here Jesus Christus en jygaan God se Sabbatsrus in.
Hoe doen jy
dit?
Gaan doen Rom 10:9&10
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
·
Ons is nie bewus van
enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie.Waar daar wel van inligting gebruik gemaak is word erkenning
gegee. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
·
Indien
daar enige regstellings op die inligting in hierdie blog nodig is, verwittig
ons asb.