e. In Afrikaans het ons die woord doop en gebruik dit op
‘n alledaagse wyse in en om die huis, byvoorbeeld:
·
Ek doop my
beskuit in die koffie.
·
Ek maak ‘n doopsous
·
Ek doop die
kwas in die verf
·
Ek doop die
materiaal in die kleurstof
f. Wanneer die woord doop in sommige kerkkringe gebruik
word dan skep ons ‘n ander betekenis vir die woord doop.
·
Naamlik –
bespinkeling of selfs bevogtiging
g. Terug na die woorde in oorspronlike taal in die Skrif
A. Randtidzo – wat besprikeling beteken soos in Heb 9:13. 19, 21
·
Heb 10: 22 “22 laat ons toetree met ’n
waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling
gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.”
·
Die begrip van
besproeing, soos in die landbou
B. Baptidzo – onderdompeling beteken. (46 keer in 39 verse in die NT)
·
Sphiros
Zodhaites - Submerse, Dip, Immerse, Overwhelm, Saturate
·
Lindell
& Scott English Lexicon – dip under, to bathe, to baptize
h. Dus elke plek waar daar oor die doop met water gepraat
word kan ons die woord onderdompel skryf bv.
·
Mark 16:16 “16 Hy wat glo en hom laat “onderdompel/indompel”,
sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
·
Ef 4:5 “5 een Here, een geloof, een indompeling/onderdompeling”
·
In Ef 4:5 staan nie een Here, een geloof,
“een besprinkeling (rantidzo)” nie
·
So ook nie in Mark 16:15 “16 Hy wat glo en hom laat “een besprinkeling
(rantidzo)” sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
i. Selfs die Kerkhervormers soos Calvyn en Luther het die
woord regverstaan en begryp
·
Institusies IV, C15, 19 van Calvyn - “Dit is duidelik
dat die term “doop” onderdompeling beteken, en dat dit die vorm is wat in die
vroeë kerk gebruik is.”
·
Werke p319 van Luther “Volgens die betekenis
van die woord behoort die kandidaat heeltemal in die water ingedompel te word
en weer uit die water gehelp te word.”
j. Ander Teoloë vanuit die Geeformeerde agtergrond
verstaan dit asvolg
·
Ds GS du Toit – Heiligmaking p 113 “ Dit is seker dat die doop in die vroegste kerk deur
onderdompeling geskied het.”
·
Prof BB Keet – Ons Redelike Godsdiens p 206 “Uit die berigte wat ons in die Nuwe Testament vind,
bestaan daar geen twyfel dat die doop van volwassenes deur onderdompeling
geskied nie.”
·
Vele ander
Afrikaanse teoloë vanuit die Gereformeerde agtergrond kan soortgelyk aangehaal
word.
Prof EP Groenewald en Dr JH
Kroeze
Dus is dit baie duidelik dat die woord doop die begrip
dra soos ons dit in die algemeen in die huis gebruik, nl indruk, onder druk,
onderdompel.
GESKIEDKUNDIG NA
DIE DOOP EN DIE SKRIF GEKYK
Wanneer ons geskiedkundig na die doop kyk, wil ek die
opvattinge wat daar was en soms vandag nog is evalueer aan die hand van die
Bybel, God se woord. Nog ‘n vraag; “Is dit moontlik dat die Reformasie (terug
keer na die Skrif) op sekere gebiede gestagneer het, vanweë verskeie redes?
Geskiedkundig was die volgende geleer:
1. Die doop red, gee die ewige lewe.
a. Dit is ‘n leer wat vanuit die Katolieke kerk kom en
vandag nog deur hulle gehandaaf word
·
“Christ Among Us” a Modern Day Presentation of the
Catholic Faith. “p190/1
·
“Baptism is the sacrament
in which Christ joins us to himself as a member of his church.” Dit waar die woord “christening” van daan kom
·
“Baptism gives the new
live of grace to one the one who does not have it.”
·
“By baptism Christ
forgives us all our sins.”
·
Die logiese
oplossing volgens hierdie leer is, vergeet van evangelisasie, besprinkel alle
babas sommer daar waar hulle gebore word en dan is hulle gered.
b. Dit is ook iets wat, al word dit vandag nie meer in
Protestante en Gereformeerde kringe oor die algemeen bely nie, tog in die
parktyk geglo en toegepas word.
·
Soos die voorbeeld aan
die begin vermeld rakende die dorp Springfontein. Daar is twee begrafplase; een
waarin mense wat gedoop was, begrawe is en ‘n ander waarin daar 37 babagrafies
is, waarin net baba’s wat ongedoop (onbesprinkel) is begrawe is. Daar was nie
‘n predikant wat bereid was om onbesprinkelde baba’s in die hoofbegraafplaas te
begrawe nie. Die begrafplaas was onlangs opgeknap en kan besoek word.
c. Die kerk kon nie volledig wegbreek van die Katolieke leer nie, want die
ouers het geglo indien hulle kinders nie met heilige water besprinkel word nie,
hulle hel toe sou gaan en so was die Katolieke besprinkeling behou.
d. Dit was agv die druk van mense wat bespinkeling behou was, tydens
die Kerkhervorming; nou wil gemeentes wat in die besprinkeling glo, die
onderdomplingsdoop inbring, dit vanweë die druk van mense.
·
Dit is die verkeerde
motivering, daar moet gekyk word wat die Here God in Sy woord leer.
e. Kom redding deur die doop? Is dit wat die Skrif leer?
Nee.
·
Redding kom
deur weergeboorte, deur die Heilige Gees.
Die Reformasie verder gevoer - Gereformeerdes aan die
woord:
·
Ds JD Voster - Ossewa reeks no 11, Die Federasie van
Calvanistiese verenigings in SA – “Die doop
is allen vir gelowiges ingestel – van die begin af sien ons is daar geëis dat
die dopeling eers die belydenis van geloof moes doen.”
·
Bybel met verklarende aantekeninge – Verenigde Protestantse Uitgewers Kaapstad
1959 Redaksie – Prof Dr B Gemser, As Geyser, Ep Groenwald, JH kroeze, JAC
Muller, et al. P 326 Hand 2:38 “Die Christelike doop volg op die geloof in
Christus 16:31, was verbonde aan Sy naam, 2:38; 8:16, wat aangeroep is deur die
dopeling, 22:16. Die aanroeping van Sy naam beteken die aanvaarding van Hom as
Heer en Meester. “vergewing van sonde” nie die doop as sodanig bewerk vergifnis
nie, maar dit dien as teken en seël van die vergifnis en verseker die wat hulle
bekeer daarvan.”
LEERSTELLIG NA DIE
DOOP EN DIE SKRIF GEKYK
Die volgende leerstellinge word gemaak:
1. “DIE DOOP IS DIE INLYWING BY DIE
LIGGAAM VAN CHRISTUS” EN DAN WORD NA BESPRINKELING VERWYS.
Hiervolgens red die doop dan ook soos hierbo
genoem, let op die volgende standpunte in die verband:
a. Leef uit jou Doop: Inlywing in
die verbond - Adrio König – 2.4 “Dis
interessant dat al drie die betekenisse waarna ons so ver gekyk het, met
inlywing te doen het. Deur die doop word ons in Christus ingelyf, in sy liggaam
ingelyf, en nou ook in die verbond ingelyf.”
b. Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland – Tuisblad – “Die simbool van water by die Heilige
Doop (Mat. 28:18-20) is 'n teken van die afwassing van sonde en van die nuwe
lewe in Christus en inlywing in die liggaam van Christus.
c. NGK
Elarduspark Tuisblad – “Waar die doop ook
dien as teken en seël van die inlywing in die kerk van Jesus Christus, leef ons
nou as dankbare en dienswillige ledemate van sy liggaam (Ef. 4: 16).”
·
Die kerk van Jesus Christus is
sekerlik die liggaam van Christus
d. Tuisblad
van dr. A.H. Bogaards - Die doop is dus in sover die inlywing in
Christus dat die gedoopte onder die heerskappy van Christus gebring is en dat
hy die belofte van die inlywing deur die Heilige Gees in die liggaam van
Christus ontvang het. In die doop is daardie belofte beteken en verseël.
e. Die Heidelbergse Kategismus -Vraag 74: Moet die jong
kinders ook gedoop word?
Antwoord: Ja, aangesien hulle
net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is
(a). Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van
Christus die verlossing van die sondes (b) en die Heilige Gees wat die geloof
werk (c), beloof nie. Daarom moet
hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk
ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So
is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is.
·
Die kerk van Jesus Christus is
sekerlik die liggaam van Christus
f. Opsommende van bostaande aanhalings – By die
besprinkeling word die persoon in die liggaam van Christus ingelyf, by die
verbond ingelyf, en ontvang die persoon ook die Heilige Gees, saam met die
lering van die uitverkiesing kan so ‘n persoon nie verlore gaan nie.
g. Hiervolgens red die doop dan ook soos hierbo genoem, maar
erger nog. Dan is die vraag: “Is die besprinkeling dan ‘n waarborg dat ‘n
persoon gered/wederbaar sal word?”
·
Indien nie, skep dit ‘n
krisis, want indien Kosie besprinkel is, maar hy kom nie tot bekering en word
weergebore nie, dan gaan hy hel toe. Dit is onhoudbaar, want dan gaan ‘n deel
van die liggaam van Christus, by implikasie hel toe en is die Verbond in
Christus waardeloos gemaak. Dit is onmoontlik.
h. Hierdie sienning is totaal uitpas met die hele Skrif.
Die liggaam van Christus kan nie verlore gaan nie.
2. “DIE DOOP HET IN DIE PLEK VAN DIE
BESNYDENIS GEKOM” EN HIER WORD OOK NA DIE BESPRINKELING VERWYS
A. Die verbond tree dus inwerking by die doop (Besprinkeling).Let op die volgende standpunte in die verband:
i. Crux Kruiskerk – Tuisblad – “Omdat die doop nou in die plek van die
besnydenis gekom het, moet die kinders as erfgename van die ryk van God en sy verbond gedoop
word. Die ouers is verplig om hulle kinders, soos hulle opgroei, hieroor
breedvoerig te onderrig (Kol 2:11, 12; Eks 13:14, 15; Deut 6:7; Ps 78: 5, 6,
7).”
ii. Leef uit jou Doop: Inlywing in die verbond - Adrio
König – 2.4“Dis interessant dat al drie die betekenisse waarna
ons so ver gekyk het, met inlywing te doen het. Deur die doop word ons in
Christus ingelyf, in sy liggaam ingelyf, en nou ook in die verbond ingelyf.”
B. Die
ware besnydenis volgens die NT
Kol 2:11&12 “11 in wie
julle ook besny is met ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur
die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12
omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam
opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek
het.”
Fil 3:3
“3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus
Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;”
Rom 2:28&29 “28 Want nie hy is ’n Jood wat
dit in die openbaar is nie, en nie dit is besnydenis wat dit in die openbaar in
die vlees is nie; 29 maar hy
is ’n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in
die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.”
Ware besnydenis
vindplaas tydens weergeboorte en daarna volg die doop met water. Simboliek die
sterwe en opstanding, deurdat die dopeling onder die water ingaan en daaruit
opkom. Kol 2:11&12.
C. Die
fisiese besnydenis is nie meer nodig:
Vanuit die onderstaande sien ons dat
die besnydenis nie meer nodig is nie.
Hand
15:23-25 “23 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die
ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en
Sírië en Cilícië: Groete! 24 Aangesien ons gehoor het dat sommige
wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met
woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet
word en die wet moet onderhou, 25 het ons eenparig besluit om manne
te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus - 26
manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus
Christus. 27 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling
dieselfde berig te bring. 28 Want die Heilige Gees en ons het
besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: 29
dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is
en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
Gal 5:2&3 “2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle
dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. 3 En ek betuig dit weer aan elke
mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te
onderhou.
D. Die verhouding
doop-besnydenis
Die doop het nie in die plek van die besnydenis gekom nie.
·
Indien die doop in die
plek van die besnydenis gekom het, sou die apostels dit gesê het tydens die
eerste “kerkvergadering” in Jerusalem en so sou die “probleem” wat hanteer was
opgelos wees. – sien Hand 15:23-25
·
Indien die doop in die
plek van die besnydenis gekom het, dan moet ons konsekwent optree. Slegs die
mans was besny, dus mag slegs mans gedoop word. Wat dan van die vroue? Die doop
is vir almal ingestel manne en vroue (oud en jonk), wat aan die vereistes vir
‘n dopeling voldoen - Hand 8:12
·
Die besnydenis van die
hart moet eers plaasvind, ‘n persoon word kind van God deur die besnydenis van
die hart. Nie die fisiese besnydenis of die doop nie - Rom 2:28&29
·
Die besnydenis was net
vir die fisiese Israel ingestel, dus sou die doop, volgens bogenoemde dan net
vir die fisiese Jode geld.
·
Indien die doop in die
plek van die besnydenis gekom het, dan was dit nie nodig vir die wat besny was
hulle om hulle te laat doop nie. Dit sou dan net nodig wees vir die wat nie
besny was nie. Let tog op die volgende:
§ Jesus was besny en tog laat Hy hom deur Johannes doop – Luk 2:21
§ Die Jode
op pinksterdag was besny, maar is eers gedoop nadat hulle hul geloof in
Christus verklaar het.
§ Paulus was
besny op die agtste dag, maar was eers gedoop na sy bekering.
E. Verder kan ook genoem word:
·
Die fisiese
besnydenis was net vir Jode, die doop vir almal
·
Die fisiese
besnydenis was net vir mans, die doop vir almal
·
Toe die Jode
in Hand 15 wou hê dat die nie-Jode besny moes word, kan die Apostels ‘n maklike
uitweg gehad het deur te sê: “Die doop het in die plek van die besnydenis
gekom.” Hulle doen dit nie, want dit is nie so nie.
F. Let ook op:
·
Fil 3:3 “3 Want óns is die
besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op
die vlees vertrou nie;”
3. “DIE DOOP AS TEKEN VAN DIE
VERBOND” EN HIER WORD OOK NA DIE BESPRINKELING VERWYS
A. Aanhaling uit Gereformerde geskrifte:
i. Crux Kruiskerk – Tuisblad – “Omdat die doop nou in die plek van die
besnydenis gekom het, moet die kinders as erfgename van die ryk van God en
sy verbond gedoop word. Die ouers is verplig om hulle kinders, soos hulle
opgroei, hieroor breedvoerig te onderrig (Kol 2:11, 12; Eks 13:14, 15; Deut
6:7; Ps 78: 5, 6, 7).”
ii. Leef uit jou Doop: Inlywing in die verbond - Adrio
König – 2.4“Dis interessant dat al drie die betekenisse waarna
ons so ver gekyk het, met inlywing te doen het. Deur die doop word ons in
Christus ingelyf, in sy liggaam ingelyf, en nou ook in die verbond ingelyf.”
iii. Die Heidelbergse Kategismus -Vraag 74: Moet die jong
kinders ook gedoop word?
Antwoord:Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en
sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word nie minder as aan die
volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes (b) en
die Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie. Daarom moet hulle ook
deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van
die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die
plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is.
B. Kom ons let nou verder op die doop-verbond gedagte
(Doop=besprinkeling)
·
Dit gaan
saam met die lering dat die persoon nou in ‘n genade verbond met die Here God
kom staan, jy word ‘n verbondskind.
·
Hier
weereens ‘n vraag: “Kan ‘n verbondskind hel toe gaan?”
·
Indien Ja,
‘n verbondskind kan hel toe gaan, wat is dan die nut van die sg verbond?
·
Indien Nee,
‘n verbondskind kan nie hel toe gaan, dan waarborg die besprinkeling, in hierdie
geval die redding van die persoon.
·
Hierdie
sienning is totaal uitpas met die hele Skrif.
·
Die
besnydenis wat nou in die NT onder die Nuwe Verbond genoem word is die
besnydenis van die hart, wat dui op weergeboorte. (Gal 3:7-9, 3:29, 5:15, Fil 3:3,
Rom 2:28, Kol 2:11)
C. Verder kan ook geen voorbeeld van
besprinkeling as doop in die Skrif gevind word nie. Ons kan nie aannames maak
dat dit moontlik kom gebeur het nie, want dan maak ons onsself oop vir baie
dwaalinge.
D. Ons kan nie aannamens maak dat die kinders
wat gedoop is, soos in die Skrif opgeteken, is wel babas was, wat self nie kon
glo nie. Dit is spekulasie, dus moet ons bly by dit wat ons verseker weet.
E. Ontstaan die
verbond nie eers, wanneer die persoon kind van God word nie. Wanneer die
persoon deel van die nuwe Israel word nie?
·
Rom
2:28&29 “28 Want nie hy is ’n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dit is
besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy
is ’n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in
die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.”
·
Joh
1:12&13 “12 Maar almal wat Hom
aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle
wat in sy Naam glo; 13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die
vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.”
·
Gal 6:15&16 “15 Want
in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag,
maar ’n nuwe skepsel.16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor
almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!”
F. Kom let op die volgende:
a. Onder die Ou Testamentiese Verbond geld die volgende:
1.
Dit is ‘n Bloed verbond – die besnydenis aan die voorhuid, asook diere
offers.
2.
Die verbond geld vir die nageslag van Abraham
gekom deur fisiese geboorte
3.
Dit is net die manlike wat besny word
b. Onder die Nuwe Testamentiese Verbond geld die volgende:
1. Dit is ‘n Bloed verbond - deur Jesus se bloed
2. Die
verbond geld vir die nageslag van Abraham, gekom deur die geloof in Christus–
deur weergeboorte
·
Gal 3:14 “14 sodat die seën van
Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van
die Gees deur die geloof kan ontvang.”
3. Dit is vir alle mense en alle geslagte
·
Gal 3:28&29 “28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is
nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is
almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort,
dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”
4. Die verbond kom
tot stand vir die wat in Christus is en hulle word erfgename.
5. Die Nuwe verbond is vir hulle wat uit God gebore
is.
·
Joh
1:12&13 “12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van
God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;13 wat nie uit die bloed
of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore
is.”
G. Al drie hierdie geskiedundige kerkleringe,
waarvan sommige selfs in belydenis skrifte vervat is, is dus duidelik nie
Skriftuurlik nie. Geen Skrif basis kan
vir dit gevind word nie.
SIMBOLIES NA DIE
DOOP IN DIE SKRIF GEKYK
A. Die simboliek van die doop (baptidzo)dui aan op die sterwe saam met
Christus en die opstanding saam met Hom in ‘n nuwe lewe. Dat die dopeling onder
die water in gaan dui op sy/haar sterwe en dat hy/sy uit die water opkom dui op
sy/haar opstanding in ‘n nuwe lewe.
B. Die besprinkeling (randtizo) simboliseer beslis nie op die sterwe en
opstanding van ‘n persoon, daarom kan jy nie praat van “...omdat julle saam met Hom
begrawe is in die doop...” ( Kol 2:10)
wanneer jy besprinkel nie.
C. Prof Dr JH Kroeze in
“Handboek by die Bybelse Geskiedenis OT” p 63 stel dit asvolg: “Dieselfde gedagtes van gerig en redding lê in die
doop, wat die teëbeeld van die sondvloed is (1Pet 3:21) Dat die dopeling
ondergaan in die water, beteken sy ondergang in die dood weens die sonde! Hier
word hy in die dood van Christus gedoop; maar dat hy oprys uit die doopwater,
dui op sy opstanding met Christus tot ‘n nuwe lewe.”
D.
Sien ook Prof EP Groenewald “Handboek by die
Bybelse Geskiedenis NT” p89-90‘n Handboek wat voorgeskryf was vir die admissie eksamen, tot
toelating by die kweekskool, van voornemende Teologies studente, NGK.
DIE VERHOUDING
BEKERING/GELOOF/DOOP
Is daar hoegenaamd enige verband tussen die doop en die
geloof van die dopeling?
A. Kom
ons let op die volgende Skrifgedeeltes
·
Mark 16:16
“16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal
veroordeel word.”
·
Hand 2:38
“38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle
gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle
sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”
·
Hand 22:16 “16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou
doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.”
·
Hand 8:36&37- "En terwyl hulle voortreis op
die padkom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water, wat
verhinder my om gedoop te word ? Toe sê Filippus: As u glo met u hele
hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus
Christus die Seun van God is."
·
Hand 8:12
- "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie
aangaande die koninkryk van God verkondig het, is hulle gedoop, manne
sowel as vroue."
B. Ons
sien hier die woorde bekering, geloof en doop, asook die vergifnis van sonde. Die
doop werk nie vergifnis nie, maar is ‘n seël en teken daarvan.
C. Let
ook op ,die aanroep van die Here God se naam, in die verband.
D. Die
Bybel met verklarende aanteken stel dit mooi.
·
Bybel met verklarende aantekeninge – Verenigde Protestantse Uitgewers Kaapstad
1959 Redaksie – Prof Dr B Gemser, As Geyser, Ep Groenwald, JH kroeze, JAC
Muller, et al. P 326
·
Hand 2:38 “Die Christelike doop volg op die geloof in
Christus 16:31, was verbonde aan Sy naam, 2:38; 8:16, wat aangeroep is deur die
dopeling, 22:16. Die aanroeping van Sy naam beteken die aanvaarding van Hom as
Heer en Meester. “vergewing van sonde” nie die doop as sodanig bewerk vergifnis
nie, maar dit dien as teken en seël van die vergifnis en verseker die wat hulle
bekeer daarvan.”
E. Sien ook :
·
Ds JD Voster - Ossewa reeks no 11, Die Federasie van
Calvanistiese verenigings in SA “Die doop is alleen vir gelowiges ingestel –
van die begin af sien ons is daar geëis dat die dopeling eers die belydenis van
geloof moes doen.”
WAT SÊ BEKENDE GEREFORMEERDES OOR DIE DOOP
A.
Enkele aanhaalings uit geskrifte deur Gereformeerde Teoloë:
·
Institusies IV, C15, 19 van Calvyn - “Dit is duidelik dat die term “doop” onderdompeling beteken,
en dat dit die vorm is wat in die vroeë kerk gebruik is.”
·
Werke p319 van Luther “Volgens die betekenis van die woord behoort die kandidaat heeltemal in die
water ingedompel te word en weer uit die water gehelp te word.”
·
Ds GS du Toit – Heiligmaking p 113 “ Dit is seker dat
die doop in die vroegste kerk deur onderdompeling geskied het.”
·
Prof BB Keet – Ons Redelike Godsdiens p 206 “Uit die berigte
wat ons in die Nuwe Testament vind, bestaan daar geen twyfel dat die doop van
volwassenes deur onderdompeling geskied nie.”
·
Ds JD Voster - Ossewa reeks no 11, Die Federasie van
Calvanistiese verenigings in SA – “Die doop is allen vir gelowiges ingestel –
van die begin af sien ons is daar geëis dat die dopeling eers die belydenis van
geloof moes doen.”
·
Bybel met verklarende aantekeninge – Verenigde Protestantse Uitgewers Kaapstad
1959 Redaksie – Prof Dr B Gemser, AS Geyser, Ep Groenwald, JH kroeze, JAC
Muller, et al. P 326
Hand 2:38 “Die Christelike doop volg op die geloof in
Christus 16:31, was verbonde aan Sy naam, 2:38; 8:16, wat aangeroep is deur die
dopeling, 22:16. Die aanroeping van Sy naam beteken die aanvaarding van Hom as
Heer en Meester. “vergewing van sonde” nie die doop as sodanig bewerk vergifnis
nie, maar dit dien as teken en seël van die vergifnis en verseker die wat hulle
bekeer daarvan.”
B. Prof Dr JH Kroeze in “Handboek by die Bybelse Geskiedenis OT”
p 63 stel dit asvolg: “Dieselfde gedagtes van gerig en redding lê in die doop, wat die
teëbeeld van die sondvloed is (1Pet 3:21) Dat die dopeling ondergaan in die
water, beteken sy ondergang in die dood weens die sonde! Hier word hy in die
dood van Christus gedoop; maar dat hy oprys uit die doopwater, dui op sy
opstanding met Christus tot ‘n nuwe lewe.”
C. Sien ook die volgende:
·
Prof EP Groenewald “Handboek by die Bybelse Geskiedenis NT” p89-90 ‘n Handboek wat
voorgeskryf was vir die admissie eksamen, tot toelating by die kweekskool, van
voornemende Teologies studente, NGK.
·
Ds J du Plessis – Die
Soeklig – 15 Feb 1933
·
Ds van Belkom – Die
Hervormer – 15 sept 1918
·
Ds Js Kriege – Die Heilige
Doop, Die Herder, Nov 1935
·
Ds Wolmarans – Die Heilige
Doop, p7
·
Dr K Barth (Aangehaal in die
kerkblad, 19 Julie 1939, p27, ‘n Offisiële orgaan van ndie Gereformeerde Kerk
van SA)
·
Ds JJ Kuhn – Nederduitse
Hervormde Kerk Alamank 1924, p 169
EVALUASIE VAN ‘N FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE
HEILIGE DOOP AAN KINDERS
a. Die
onderstaande word netsoos in die oorspronklike dokument aangehaal
Ten
tweede: Die heilige doop betuig en verseël aan ons die afwassing van die
sondes deur Jesus Christus. Daarom word ons gedoop in die Naam van God:
die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Want as ons in die Naam
van die Vader gedoop word, betuig en verseel die Vader aan ons dat Hy 'n ewige
genadeverbond met ons oprig, ons tot sy kinders en erfgename aanneem en ons
daarom met alle goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer of tot
ons beswil beskik.
En as ons in die Naam van die Seun gedoop word, verseël die Seun aan ons dat Hy
ons in sy bloed so van al ons sondes was - waarmee Hy ons in sy dood en
opstanding inlyf - dat ons van ons sondes bevry en voor God regverdig gereken
word.
Net so ook as ons in die Naam van die Heilige Gees gedoop word, verseker die
Heilige Gees ons deur hierdie heilige sakrament dat Hy in ons wil woon en ons
tot lidmate van Christus wil heilig deur tot ons eiendom te maak wat ons in
Christus het, naamlik die afwassing van ons sondes en die daaglikse vernuwing
van ons lewe, totdat ons eindelik onder die gemeente van die uitverkorenes in
die ewige lewe vlekkeloos gestel sal word.
B. Die volgende vrae na aanleiding van wat hierbo
genoem word, mbt die kinderdoop.
1. Betuig en verseël die doop werklik die afwassing
van die sondes deur die bloed van Jesus Christus?
·
Implikasie -
indien ek gedoop is, is my sonde afgewas en het ek die ewige lewe.
2. Betuig en verseël die doop werklik dat ek kind van
God en erfgenaam is?
·
Implikasie indien ek gedoop is, is ek kind
van God en het ek die ewige lewe.
3. Betuig en verseël die doop werklik dat Christus ons in sy dood en opstanding inlyf - dat ons
van ons sondes bevry en voor God regverdig gereken word?
·
Implikasie indien ek gedoop is, is ek van my
sondes bevry en word ek voor God regverdig gereken.
C. Bly hierdie implikasies van my doop vir die res van
my lewe geldig, aldan nie?
D. Op watter stadium van my lewe word die implikasies
van my doop ongedaan gemaak op so ‘n wyse dat ek my moet bekeer, in Christus
moet glo en weergebore word?
E. Indien die implikasies van my doop nie ongedaan
gemaak kan word nie, dan beteken dit persy, dat die doop my red.
DIE ONSTAAN VAN DIE
KINDERDOOP
A. Die kinderdoop het ontstaan vanuit ‘n
geskiedkundige agtergrond, nl dat die Katolike kerk, kinders met heilige water
aangeraak het en so hulle die ewige lewe gegee het. Hierdie sienning word
vandag nog gehandhaaf in die Katolieke Kerk
·
Christ Among Us” a Modern Day Presentation of the
Catholic Faith. “p190/1
·
“Baptism is the
sacrament in which Christ joins us to himself as a member of his church.” Dit waar die woord “christening” van daan kom
·
“Baptism gives the new
live of grace to one the one who does not have it.”
·
“By baptism Christ
forgives us all our sins.”
B. Let op wat ander Gereformeerde Teoloë in die
verband te sê het:
1. Prof J du Plessis (Hoogleraars NGK Kweekskool), Die Soeklig, 15 Maart
1933
·
“As ons
die hele kwessie sielkundig beskou (aangesien historiese gegewens so gebrekkig
is) lyk dit baie daarna, dat die gewoonte om kinders te doop sy ontstaan gehad
het, nie soseer uit die bepalings van die Kerk nie, as uit die begeetre en die
aandarng van ouers. Hulle was in die vroeë tyd (net soos nou) baie bang dat
hulle kinders moontlik kon sterf voordat hulle jare van diskressie bereik het,
en derhalwe (as synde ongedoop) verlore sou gaan”
2. Dekaan Stanley, Church of Engeland, Contemporary Review, 1879, p 1699
·
“Een
(rede) was ongetwyfeld die bygelowige gevoel betreffende die doop as toormiddel
wat onontbeerlik is v ir saligheid, en derhalwe daarop aangedring is dat alaml,
al sou hulle ook onbewus daarvan wees, met water aangeraak moes word.”
3. Prof Hahn – Theology, p556
·
“Suigelingsdoop
het ontstaan uit valse beskouings aangaande die oorsprong van sonde, en die
magiese krag van heilige water.”
VEREISTES
VIR ‘N DOPELING
A. Die persoon wat gedoop word moet
aan die volgende voldoen:
·
Moet ‘n dissipel van Jesus wees - Matt 28:19
·
Moet in Jesus Christus glo - Mark 16:16, Hand 8:36&37
·
Moet Sy naam aanroep - Hand 22:16
·
Moet ‘n bekeerde wees - Hand 2:38
B. Die “proses” kan
nie sonder meer verander word nie. Mense moet hulle bekeer van hulle sondige
weë en in die Here Jesus glo en hulle dan laat doop.
C. Ons sien die
patroon op verskeie plekke in die Skrif, vir Jode en nie-Jode.
·
Die Jode op pinksterdag.
·
Die Ethiopiër op die wa.
·
Paulus na sy bekering.
·
Corneluis wat deur Petrus bedien was en
gelowige geword het.
·
Die tronkbewaarder wat deur Paulus en Silas
bedien was en gelowige geword het en sy huisgesin.
OPSOMMEND
A. Kom ons kyk weer na die vrae wat ons in die begin
gevra het. Wat sal u op elkeen antwoord?
B. Indien ek weer na alles kyk blyk dit dat die
kinderdoop onstaan het uit die begeertes van ouers eerder as voorskrifte vanuit
die Skrif.
C. Dit blyk ook dat die Hervormingsbeweging wat hier ook
die doop ingesluit tot stilstand gekom het en nie in alle opsigte terug na die
Skrif hervorm het nie.
D. Dit blyk dat verskillende Teoloë verskillende
verduidelikings moet gee rakende sake soos:
·
“Die doop is
die inlywing by die liggaam van Christus”
·
“Die doop
het in die plek van die besnydenis gekom”
·
“Die doop as
teken van die verbond”
E.
Indien met sake soos bekering, wedergeboorte, geloof in Christus, saamgestem
word as voorvereistes vir ingang tot God se koninkryk. Wat is die doel van die
kinderdoop?
·
Waarborg die kinderdoop wedergboorte in die
toekoms?
·
Waarborg die kinderdoop redding?
·
Waarborg die kinderdoop die ewige lewe?
F.
Nog ‘n paar vrae:
·
Gaan ‘n gedoopte, nie weergebore persoon die
koninkryk van God binne?
·
Gaan ‘n ongedoopte, weergebore persoon
koninkryk van God binne?
·
Gaan ongedoopte kinders hel toe, soos wat
Springfontein begrafplaas ‘n bewys van hulle geloof was.
·
Wat van die baba wat in die hospitaal sterf,
paar dae na geboorte, voordat die ouers hom/haar kon doop?
G.
Dit blyk dat die doop op die verkeerde plek en tyd geplaas word, die doop
behoort eers aan ‘n persoon bedien te word:
·
Nadat hy/sy weergebore is.
·
Kind van God geword het deur aanneming Joh
1:12
·
Nadat hy/sy besnydenis van die hart ervaar
het.
H.
Net nog ‘n opmerking, indien suigelinge gedoop mag word, hoekom mag hierdie suigelinge
nie ook deel in die nagmaal nie?
GEHOORSAAMHEID
A. Kan jy jouself ‘n gelowige in Christus noem, maar nie doen wat Jesus
beveel nie?
·
Bekeer jou nie?
·
Glo nie in Christus nie?
·
Bid nooit nie?
·
Lees nooit die Bybel
nie?
·
Gaan nooit na die
erdienste toe nie?
·
Vertel niemand ooit van
die Here nie?
·
Gebruik nooit die
nagmaal nie?
·
Laat jou nie doop nie?
B. Verskeie bronne
was graadpleeg – erkenning waar moontlik, is in die dokument gegee.
C. Dank
ook aan Dr Gielie Joubert - vanuit een van sy dokumente het ek van die
inligting en verwysings verkry.
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
- Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.