Thursday 27 July 2017

WATTER BYBEL IS DIE KORREKTE?

 WATTER BYBELVERTALING IS DIE KORREKTE? 
BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11 
REFORMEEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF 

  
In hierdie blog wil ek poog om opregte antwoorde vanuit die Bybel te kry oor sake wat vir die algemene gelowige van belang is. Verskeie sake sal bespreek word, nie noodwending in volgorde van belangrikheid of relevansie nie.
WATTER WEERGAWE/S VAN DIE BYBEL IS DIE KORREKTE?




Watter weergawe van die Bybel is die korrekte?
 
Hierdie vraag was al baie gevra en baie mense het elk hul eie mening.
 
Dit is noodsaaklik om dit duidelik te stel dat die oorspronklike geskrifte deur die Here God geinspireer is, ek wil hier nie op die verskillende “wyses” van inspirasie ingaan nie.  
Ek glo dat die bybel in sy oorspronklike vorm volledig deur God geinspireer is (God se woord in mense taal)  
Ek glo ook dat die Here God handelend optree in die geskiedenis en dat ons ook van, van die vertalings nogsteeds as die “Woord van God” kan beskou.
 
Daar is amptelike vertalings deur hoofsaaklik Bybelgenootskappe of Bybelhuise gemaak.

    

 Daar is nie-amptelike vertalings deur oa verskeie persone en organisasies gemaak. 
  
 


 
Dan is daar vertalings gemaak deur organisasies, kerke en groepe om hul leerstellings te pas.
 
Dan is daar nog die kwessie van watter grondteks (Oorspronklike Hebreeuse en Griekse Bybels) was van gebruik gemaak.

Om die vraag te beantwoord is nie so eenvoudig en maklik nie. Daar is al heelwat boeke geskryf in hierdie verband.
Ek wil in hierdie blad so kort moontlik antwoord, daar is te veel inligting om dit in ‘n blad soos hierdie neer te pen. 
Hierdie is nie ‘n in diepte studie en bespreking van die onderwerp nie, maar slegs vir algemene inligting, hierin word nie ‘n argument vir watter bybelvertaling of grondteks die korrekte is gevoer nie. (Die NWT van die “Jehovah’s getuies word ook nie hier bespreek nie; noem slegs dat ek dit afwys om verskeie redes)
 
Ek fokus hier ook hoofsaaklik op die NT, want daar is redelik ooreenstemming rakende die grondteks van die OT.
 
DIE GRONDTEKSTE
 
  
Ons het nie die oorspronklike Bybel in ons besit nie. Nie die oorspronklike Ou Testament of die oorspronklike Nuwe Testament nie. Geen en van die boeke, evangelies of briewe nie.  Ons het hoogstens maar afskrifte van afskrifte en deeltjies van briewe en boeke tot ons beskikking. 
Hierdie “bybel dele” (Dele van die bybel) is te vinde in verskeie museums, kerke, universiteite, ensomeer reg oor die wêreld. Hierdie bybel dele was gevind op verskeie plekke in die wêreld, bv in kloosters, deur opgrawings, esnomeer. 
 
Hier is ‘n voorbeeld van waar sommige van die papirus en perkament fragmente “bewaar” word.

 
Hierdie dele is dan deur verskeie metodes gedateer, sodat die ouds moontlike dele identifiseer kon word. 
Verder moet genoem word dat die oudste nie noodwending die meer korrekte sou wees nie, alhoewel die mees aanvaarbare.
 
Van die “Bybel dele” was op papirus, perkamente, ensomeer gevind.
 
Dan is daar nog die skryfwyses wat gebruik was. Sommige dele was alles in “hoofletters” geskryf, ander weer alles in “kleinletters”
 
Verder was daar geen leestekens, soos ons dit vandag ken gebruik nie.
 
Wat ons wel kan sê; neem die volgende as illustrasie. Veronderstel ‘n bekende skilder het ‘n werk voltooi. Verskeie persone het die skildery afgeneem op verskillende tye, met verskillende beligting, sommige in kleur and in swart en wit. Sommige teen verskillende hoeke. Sommige kleiner dele van die skildery ander groter dele. Die oorspronklike skildery was toe in ‘n brand vernietig. Daar is toe besluit om die skildery weer te laat “herleef” Die verskillnde fotos is bymekaar gemaak, sommige was beskadig ander was verbleik ensomeer. Tog met die hulp van die duisende fotos wat geneem wees, kon daar ‘n redelike akurate weergawe van die oorspronklike skildery saamgestel word. Hou verder in gedagte dat die Here God self ook betrokke is in die geskiedenis van die mens en hier die persone kon lei met die samestelling daarvan. 
DIE GRONDTEKSE BESKIKBAAR
 
Daar is verskeie grondtekste (Hebreeus OT en Griekse NT samesteling van die Bybel) wat saamgestel is en gebruik word as die teks van waaruit ‘n Bybel vertaal sou word.
 
Sonder om in detail in te gaan wil ek noem dat daar hoofsaaklik twee hoofgroepe is wat gebruik word.
 
Maar hoe het ons die Bybel soos ons dit vandag in sy verskeie vertalings het gekry?

Vanuit geskrifte word daar word afgelei dat Petrus ‘n lys 22 boeke van die NT saamgestel het. Die Apostel Johannes het die ander vyf bygevoeg, die evangelie, die drie sendbriewe en Openbaring.
 
Athanasius gee ons ook die lys van 27 boeke in 367 NC.  Origenus in 250 NC het  ook die lys gegee het, daar word egter getwyfel of Openbaring op sy lys was.
Die OT was in Hebreeus en Aramees saamgestel. Dit was egter die Griekse vertaling van die OT, nl die Septuagint wat in Jesus se tyd gebruik was. Die aanhalings van die OT in die NT was hoofsaaklik uit die Grieks vertaalde OT, die Septuagint asook ‘n ander Griekse OT.
 
Ons beskik nie oor die oorspronklike geskrifte van die NT nie, die geskrifte was per hand oorgeskryf en dan weer oorgeskryf en weer oorgeskryf en so versprei.
 
Sommige was op papirus geskryef, in sommige gevalle was dit uitgevee en dan weer bo-oor geskrif. Met die behulp van moderne tegnologie kan dan gekyk word wat daar oorspronklik gestaan het. So was daar dan bv van die evangelies verskeie weergawes or verskeie plekke gevind .
Die oudste volledige NT in sy geheel is Kodeks Sinaïticus uit die 4de eeu en Kodeks Vaticanus ook uit die 4de eeu of begin 5de eeu.
Die Griekse tekste behoort basies aan twee families:
·         Die Alexandrynse teks familie
 
·         Die Bizantynse /Antiogiese teksfamilie.
 Tekskritisie neig daarna om meer waarde te heg aan die Alexandrynse familie.
Dit bly ook ‘n vraag of die Alexandrynse tradisie noodwendig of in alle gevalle die meer betroubare tradisie is.
 Byzantynse familie
 

      
 
a. Van die Griekse manuskripte kom van die Byzantynse familie (ook genoem die Majority Text, Traditional Text, Ecclesiastical Text, Constantinopolitan Text, Antiocheian Text, of Syrian Text) en vanuit hulle het die Majority Text of genoem Textus Receptus gekom.

 b. Die Byzantynse tekse kom van die omgewing waar Johannes gewoon het en waar bewaarplek van Paulus se geskrifte was

 c. Met die Turkse inval was die Byzantynze tekste na die weste gebring en het in Bazel Switzerland opge-eindig  na die val van Konstantinopel in 1453.

 d. Dit is vanuit hierdie geskrifte dat die gedrukte skrifte (Textus Receptus) van Erasmus (1516)  en die Fransman Robert Estienne, beter bekend onder sy gelatiniseerde naam Stephens (1520) gekom het.

 e. Hierdie twee Griekse geskrifte was hoofsaaklik gebruik tot die 19 de eeu, waarna die ander griekse weergawes van  uit die Alexandrynse groep ook gebruik was.

 f. Hier is ‘n paar van die Griekse grondtekse wat gebruik word:
 
  •   Stephens 1550 Textus Receptus
  • Scrivener 1894 Textus Receptus
  • Byzantine Majority
  • RP BYZANTINE majorityText 2005
  • Greek Orthodox Church 1904
 
 ALEXANDRIESE/ALEXANDRYNSE (EGIPTIESE) GROEP
 
 
 
           
a. Die ander groep val onder die Alexandriese (Egiptiese) groep hierby is die Kodeks Sinaïticus uit die 4de eeu en Kodeks Vaticanus ingesluit

b. Die  Sinaiticus manuskripte was ontdek deur Konstantyn von Tischendorf in ‘n kloostertery in die Sinai woestyn in die 1850s.  Die teks verskil op omtrent 9,000 plekke van die tradisionele Byzantyn se Teks (Textus Receptus).  
c. Moderne kritiese uitgawes van die Nuwe Testament kom meer ooreen met Alexandrynse teks veral die Kodeks Sinaiticus and Kodeks Vaticanus. 
d. Die oudste volledige NT in sy geheel is Kodeks Sinaïticus uit die 4de eeu en Kodeks Vaticanus ook uit die 4de eeu of begin 5de eeu. 
e. Die teks van die United Bible Societies se “Griekse Nuwe Testament” en die Nestle-Aland teks.  
 
f. Vanuit ongeveer 300,000 verskillende tekse  in die Nuwe Testament is daar ongeveer 2,000 verskille met die Textus Receptus. Dus stem hulle 90% ooreen.  Die meeste verskille is van so min erns dat dit geen effek het op die eksegese van die gedeeltes nie. Hulle verskil byvoorbeeld in woord orde en spelling. 
g. Hoor wat sê geleerdes op die gebied hiervan “Consequently the majority text and modern critical texts are very much alike, in both quality and quantity.” 
h. Moderne vertalers neig om meer die Eclectic weergawes wat in die Alexandriesen teks-tipe is te gebruik
·         Die Nestle Aland Teks (uitgawe 27) word vandag beskou as die gesaghebbende bron waarop al die moderne vertalings geskoei is.
·         Vir die afgelope 100 jaar word oor die hele wêreld gebruikgemaak van die Griekse NT soos saamgestel deur Nestlè. Dit is die mees algemene uitgawe van die Griekse NT.
·         Die Nestlè-uitgawe het die teks van die Kodeks Sinaïticus bevat, met ander woorde die oudste teks. Dit isvolgens sommiges 'n beter teks
 
i. Die vroeë papiri(geskrifte geskryf op papirus) se getuienis het alles n 200 jaar vroeër geskruif, sodat getuies van MSS van 200 nC selfs verkies is bokant Kodeks Siniaïticus en Kodeks Vaticanus. 
j. Die UBS Griekse teks (derde of vierde uitgawe) of die Nestlè-Aland (27ste uitgawe) moet beskou word as die beste teks van die Griekse NT wat beskikbaar is, volgens sommige 
VERSKILLE TUSSEN DIE TWEE HOOFGROEPE   
          
 
 
 
  

a.Tans gebruik Bybelgenootskappe en meeste ander vertalers van die Nuwe Testament eerder die Nestle Aland Teks, of die United Bible Societies se teks. Hierdie tekste neem die ongeveer 5,894 Griekse manuskripte in ag, asook meer as 18,000 antieke vertalings en die aanhalings van meer as 200 ou kerkvaders 
b. Die Nestle Aland Teks (uitgawe 27) word vandag beskou as die gesaghebbende bron waarop al die moderne vertalings geskoei is. 
c. Die feit bly dat
·         Dit saamgestel is deur ‘n komitee van ‘n paar lede wat oor al die lesings gestem het.
·         Daar is geen enkele Griekse manuskrip wat in alle opsigte ooreenstem met die Nestle Aland teks nie.
·         Dit is in alle opsigte ‘n saamgestelde teks.
 d. Die probleem is egter dat al die volledige Griekse Bybels relatief laat is (4’e eeu n.C. of later)
e. Die UBS Griekse teks (derde of vierde uitgawe) of die Nestlè-Aland (27ste uitgawe) maak van baie meer bronne gebruik maak as die Textus Receptus wat ongeveer 6 bronne gebruik. 
f. Dus was daar ‘n groter verskeidenheid van tekse wat by die saamstelling van die UBS en Nestle Aland, uitgeskakel moes word. 
g. Daar kan gesê word dat die wat die Textus Receptus saamgestel het, uit minder bronne, ook minder gehad het om uit te skakel en die wat die Nestle Aland teks saamgestel het meer tekse uit meer bronne gehad het om uit te skakel. 
MAAK DIT ‘N GROOT VERSKIL?
a. Vir meer as 250 jaar het Nuwe Testament Teoloë daarop gestaan dat dat geen van die verskillende tekste gebruik ‘n verkil in leerstellinge/doktrine gebring het nie. 
b. Daar word duidelik die volgende gestel: “The Creator God not only inspired the writing of the Bible, He also guided the process of both canonization and preservation of the text.” 
c. Solank die verskillende grondtekse nie die bybelse leerstellings verander nie, behoort daar nie ‘n groot probleem te wees nie.
 
WATTER VERTALINGS, WATTER GRONDTEKS?
 
a. Verskeie Bybelvertalers gebruik verskillende Griekse grondtekste, ek noem ‘n paar
·         Die Vulgaat (Latyns),
·         Een van die Textus Receptus grondtekste,
·         Een van die Nestle-Aland grondtekste (gebaseer on Westcott-Hort, Weiss and Tischendorf, 1862), daar is 27 gewysigde weergawes.
·         Die UBS standaard teks, 
·         Erasmus' third NT edition (1522),
·         Martin Luther's 1522
·         Bible, Westcott and Hort 1881 and Tregelles 1857
    

 
 

Byzantynse familie
 
a. Stephens 1550 Textus Receptus, Scrivener 1894 Textus Receptus, Byzantine Majority, RP Byzantine Majority Text 2005, Greek Orthodox Church 1904, grondtekste word van gebruik gemaak by die vertaling van: German Luther Bible, William Tyndale, Spanish Reina-Valera,  Russian Synodal Bible, King James Version, Noah Webster Bible, Weymouth New Testament, World English Bible, Young's Literal Translation, Aramaic Bible in Plain English, Jubilee Bible 2000, King James 2000 Bible, American King James Version, Webster's Bible Translation, 1953 Afrikaanse Bybel 
         
     
 
ALEXANDRIESE (EGIPTIESE) GROEP
   
 
        
 
        
 
 
 
 
Die UBS Griekse teks (derde of vierde uitgawe) of die Nestlè-Aland (26ste uitgawe) moet beskou word as die beste teks van die Griekse NT wat beskikbaar is, reken sommige.


Opsommende voorstelling van die proses van hoe die Bybelvertalings totstand gekom het.
 
 AFRIKAANSE VERTALINGS
 
1933 Vertaling - Textus Recptus -  (Byzantynse manuskrip (312n.C. tot 1453n.C.)
1983 Vertaling - Nestle Aland (1881) van Westcott en Hort. Alexandriese (Egiptiese) manuskripte
2016 Vertaling - UBS - Alexandriese (Egiptiese) manuskripte 
 
 
DIE VERTALING VAN DIE SKRIFTE
‘n “Probleem” was die woorde en begrippe bekend wat gebruik was, tydens die tyd van die vertalings.
·         Neem byvoorbeeld die woord “wortel”, indien dit na Engels vertaal sou word. Dit kan “root” vertaal word of “carrot” vertaal word.
·         Neem byvoorbeeld die woord “hell” in engels dit kan met “doderyk” of met “hel” vertaal word  
Verder moet ook die taal, die aantal beskibare woorde in die taal en begrippe in daardie kultuur waarin die Bybel vertaal word ingedagte gehou word.

Begrippe wat intussen verander het met opgrawings navorsing speel ook ‘n rol. Neem byvoorbeeld een van die plae in Egipte, die muskiete, of vlooie of muggies. (כִּנִּים) (kinim)
·         Tydens die vertaling in die Nederlandse bybel was die kennis tot beskikking dat dit vlooie is
·         Tydens die vertaling in die 1953 Afrikaanse Bybel, was die kennis tot beskikking, nadat opgrawings gemaak is en sketse gevind is, geblyk dat dit muskiete te wees
·         Tydens die vertaling in die 1983 Afrikaanse Bybel, was die kennis tot beskikking, nadat opgrawings gemaak is, die sketse gevind is, en deur kundiges bestudeer is, geblyk dat dit muggies te wees.
 
Die metode van vertaling sal ook ‘n rol speel, hier het ons met direkte vertalings of met dinamiese vertalings te doen. Beide het hul voordele en nadele.
By ‘n dinamiese vertaling kan siennings van die vertalers in die span ‘n groter rol speel, as by ‘n direkte vertaling.
 
By direkte vertalings is daar die probleem van begrippe, woordeskat en kultuur wat ‘n rol kan speel en veroorsaak dat die boodskap misverstaan word.


a. Neem byvoorbeeld Ps 23:4

1933/53 Vertaling (Direkte)
Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

4Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos1983 Vertaling (Dinamies)
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
Die tweede begrip is korrek, maar dit sluit ander betekenis moontlikhede uit. 
 
b. Neem byvoorbeeld die bou van ‘n huis
 
Vir die mens wat huise op fondasies bou sal die direkte vertaling die boodskap oorbring, maar nie vir mense wat hul huis op pale bou nie. Hier sal ‘n dinamiese vertaling die boodskap beter oorbring.

Vir eers genoeg daaroor gesê.  
 
‘N LYS VAN SOMMIGE VERKILLE TUSSEN DIE TWEE ALGEMENE GRIEKSE GRONDTEKSE
a. Hierdie lys van tekste gee die verrnaamste lesings (nie almal nie) waar die Nestle Aland teks met die 1933-1953 Afrikaanse Vertaling (wat gebaseer is op die Textus Receptus) verskil. 
 
b. Soos hierbo aangedui is dit nie noodwendig beter nie. Watter lesing die outentieke lesing is, bly altyd ‘n vraag. 
 
c. Daar is ‘n lys van teksverse wat “ontbreek” wanneer die twee vertaling gebruik word.
d. Lys van sleutelwoorde:

Ontbreek - Die betrokke gedeelte kom nie in die Nestlé Aland teks voor nie.
 
ontbreek moontlik - Tekstuele getuienis onseker.
tot - ‘n "Beter" vertaling word voorgestel o.g.v. "beter" tekstuele getuienis (volgens die Nestlé Aland teks).

of  - Hierdie lesings lê redelik na aan mekaar, maar die tweede lesing is meer waarskynlik (o.g.v. die Nestlé Aland teks).

Grieks - Dit is soos die term letterlik in die Grieks voorkom.

/ -  'n Alternatiewe vertaling.

Mt 5:22 sonder rede ontbreek
Mt 5:27 aan die mense van die ou tyd ontbreek
Mt 5:44 seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat ontbreek
Mt 5:44 julle beledig en ontbreek
Mt 5:47 tollenaars tot heidene
Mt 6:4,6,18 in die openbaar ontbreek
Mt 6:13 Want aan U...Amen. ontbreek
Mt 12:35 van sy hart ontbreek
Mt 16:18 die doderyk Grieks Hades
Mt 17:21 vers ontbreek
Mt 18:11 vers ontbreek
Mt 18:15 teen jou ontbreek
Mt 24:36 hemele nie, maar tot hemele nie, ook nie die Seun nie, maar
Mt 27:27 die goewerneur se paleis Grieks die Praetorium
Mk 7:19 in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein? tot in die heimlikheid uit – dus het hy alle kos rein verklaar?
Mk 8:25 laat hom opkyk tot hy het aandagtig/strak opgekyk
Mk 8:25 almal of alles
Mk 9:19 hom (eerste voorkoms) tot hulle
Mk 9:23 glo (eerste voorkoms) ontbreek
Mk 9:29 en vas ontbreek
Mk 10:21 neem die kruis op ontbreek
Mk 10:24 vir die wat op hulle goed vertrou, ontbreek
Mk 16:9-20 ontbreek moontlik
Lk 2:1 ingeskryf of geregistreer
Lk 2:2 inskrywing of registrasie
Lk 2:5 inskrywe of registreer
Lk 2:22 haar tot hulle
Lk 2:38 almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het tot almal wat die verlossing van
Jerusalem verwag het
Lk 2:49 dinge van my Vader of huis van my Vader
Lk 5:17 hulle ontbreek
Lk 6:1 tweede eerste ontbreek
Lk 7:28 profeet ontbreek
Lk 9:54 ,soos Elia ook gedoen het ontbreek
Lk 9:55-56 en sê: Julle weet...nie, maar te red ontbreek
Lk 16:9 julle (derde voorkoms) tot dit
Lk 16:23 die doderyk Grieks Hades
Lk 17:3 teen jou ontbreek
Lk 17:36 vers ontbreek
Lk 17:37 aasvoëls tot arende
Lk 22:37 daar 'n einde of in vervulling
Lk 22:68 of loslaat ontbreek
Lk 23:17 vers ontbreek
Lk 23:44 aarde of land
Lk 24:42 en 'n stuk heuningkoek ontbreek
Lk 24:52 Hom aanbid en ontbreek
Jh 3:3,7 weer of van bo / van die hemel
Jh 3:13 wat in die hemel is ontbreek
Jh 3:34 Hom ontbreek
Jh 5:3-4 wat op die roeping...ook al gely het ontbreek
Jh 7:53-8:11 ontbreek moontlik
Jh 9:35 God tot die mens
Jh 10:38 glo (tweede voorkoms) tot verstaan
Jh 12:6 die bydraes geneem het of uitgehaal het wat daarin was
Jh 12:47 nie glo nie tot dit nie bewaar nie
Jh 16:25 gelykenisse; gelykenisse of beeldspraak; beeldspraak
Jh 16:29 gelykenis of beeldspraak
Jh 20:29 het jy geglo; salig of het jy geglo? Salig
Hd 2:27,31 die doderyk Grieks Hades
Hd 3:13,26 Kind of Dienskneg/Dienaar
Hd 4:27,30 Kind of Dienskneg/Dienaar
Hd 5:32 sy ontbreek
Hd 7:16 die vader van Sigem tot in Sigem
Hd 8:37 vers ontbreek
Hd 9:5 Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. ontbreek
Hd 9:6 En terwyl hy...antwoord hom: ontbreek
Hd 15:18 Aan God is al sy werke tot Dit is
Hd 15:34 vers ontbreek
Hd 16:40 bemoedig of vermaan
Hd 19:31 owerstes van Asië of Asiarge
Hd 20:15 en in Trogillion oorgebly ontbreek
Hd 22:9 en bang geword ontbreek
Hd 28:8 buikloop of desenterie
Hd 28:29 vers ontbreek
Rm 3:22 en oor almal ontbreek
Rm 8:1 vir die wat...Gees ontbreek
Rm 8:14,19 kinders tot seuns
Rm 8:38 of magte ontbreek
Rm 11:6 En as dit uit...werk meer nie. ontbreek
Rm 14:9 en opgestaan ontbreek
Rm 14:21 aanstoot neem...is nie tot struikel nie
Rm 16:24 vers ontbreek
1 Kor 5:9 my tot die
1 Kor 6:20 en in julle...behoort ontbreek
1 Kor 7:5 vas en ontbreek
1 Kor 8:7 nog altyd bewus van tot deurdat julle gewoond is aan
1 Kor 9:4 vryheid of reg
1 Kor 9:10 op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word tot in hoop op 'n deel daaraan
1 Kor 10:9 Christus tot die Here
1 Kor 10:28 want die aarde...daarvan ontbreek
1 Kor 11:2 leringe of tradisies
1 Kor 15:47 die Here ontbreek
1 Kor 15:55 Doderyk tot Dood
2 Kor 10:5 planne of redenasies
Gl 1:18 Petrus tot Sefas
Gl 1:23 besig was om tot wou
Gl 3:1 om die waarheid...nie, julle ontbreek
Gl 3:2 uit die prediking van die geloof of deur die hoor van die geloof
Gl 3:12 die mens wat tot wie
Gl 4:5,6 kinders tot seuns
Gl 4:7 kind; kind tot seun; seun
Ef 3:5 mensekinders of seuns van die mense
Ef 3:9 gemeenskap tot rentmeesterskap
Ef 5:30 ,van sy vlees en van sy bene ontbreek
Kol 1:10 om Hom in alles te behaag of in alles wat behaaglik is
Kol 2:2 en die Vader ontbreek
1 Th 1:1 van God...Jesus Christus ontbreek
1 Th 5:11 bemoedig of vermaan
2 Th 2:4 as God ontbreek
1 Tm 3:3 geen vuil gewinsoeker nie ontbreek
1 Tm 3:16 God is geopenbaar tot Hy wat geopenbaar is
1 Tm 4:10 word ons gesmaad tot stry ons
1 Tm 5:4 goed en ontbreek
1 Tm 5:16 man of 'n gelowige ontbreek
1 Tm 6:7 dit is duidelik dat tot en
1 Tm 6:21 Amen ontbreek
2 Tm 1:11 van die heidene ontbreek
2 Tm 2:19 Christus tot die Here
Tt 1:12 buike of vrate
Tt 2:5 huislik tot werkers by die huis
Heb 2:10 kinders tot seuns
Heb 7:3 geslagsregister Grieks genealogie
Heb 9:4 wierookbak of wierookaltaar
Heb 10:34 my gevoel in my boeie tot hulle wat in boeie was gevoel
Heb 11:13 en geglo ontbreek
Heb 12:20 of met 'n pyl neergeskiet word ontbreek
Heb 13:7 uiteinde of uitkoms
Jk 4:5 Met jaloersheid...woon? tot Met jaloesie begeer Hy die gees wat Hy in ons laat woon het?
1 Pt 1:22 deur die Gees ontbreek
1 Pt 4:14 Wat hulle...verheerlik. ontbreek
2 Pt 2:4 hel Grieks Tartarus
2 Pt 2:4 kettings tot putte/kuile
2 Pt 3:2 ons tot julle
2 Pt 3:10 verbrand tot gevind word
1 Jh 5:7-8 in die hemel...op die aarde ontbreek
1 Jh 5:13 en kan glo...van God ontbreek
1 Jh 5:18 homself tot hom
2 Jh 8 ons (eerste voorkoms) tot julle
Jd 4 Heerser tot Meester
Op 1:5 gewas tot verlos
Op 1:18 die doderyk Grieks Hades
Op 2:15 ,wat Ek haat ontbreek
Op 3:10 in tot uit
Op 5:10 ons; ons tot hulle; hulle
Op 6:1,3,5,7 kyk ontbreek (eerste voorkoms in vers 5)
Op 6:8 die doderyk Grieks Hades
Op 10:6 tyd of versuim
Op 11:1 en die engel het gestaan ontbreek
Op 11:15 koninkryke tot koninkryk
Op 12:18 ek het tot hy het
Op 13:8 almal wie...geskrywe is nie tot almal wie se name nie in die boek van die lewe van die Lam wat van die grondlegging van die wêreld af geslag is, geskrywe is nie
Op 14:5 voor die troon van God ontbreek
Op 18:20 heilige tot heiliges en
Op 20:13,14 die doderyk Grieks Hades
Op 21:24 van die wat gered word, ontbreek
Op 22:19 boek (tweede voorkoms) tot boom

BRONNE:
BOEKE WAT VAN GROOT WAARDE IS RAKENDE DIE ONDERWERP
   
 
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
·         Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie.Waar daar welvan  inligting gebruik gemaak is word erkenning gegee. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
·         Indien daare nige regstellings op die inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.

No comments:

Post a Comment

BYBELSE ANTWOORDE - ALGEMEEN - HAND 17:11

BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11 REFORMEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF      In hierdie blog wil ek poog om opreg...