Saturday 29 July 2017

WIE IS INBEHEER VAN DIE HEL?


BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11
 
REFORMEEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF

  
 
In hierdie blog wil ek poog om opregte antwoorde vanuit die Bybel te kry oor sake wat vir die algemene gelowige van belang is. Verskeie sake sal bespreek word, nie noodwending in volgorde van belangrikheid of relevansie nie.


WIE IS INBEHEER VAN DIE HEL?

 Die Here God?  Satan? 

 

Sommige predikers leer dat Jesus in die hel was en satan beheer oor Hom gehad het. 

Among the many heresies and outright lies taught by the Word Of Faith movement, the false doctrine that Jesus Christ became born again after suffering in Hell at the hands of the Devil is among the most pernicious. This whopping lie is taught by is taught by Joyce Meyer, Benny Hinn, Kenneth Copeland, Kenneth Hagin, as well as nearly every other false teacher in the Word Of Faith movement. 

 
 
 

Byvoorbeeld Joyce Meyer, 

“He became our sacrifice and died on the cross. He did not stay dead. He was in the grave three days. During that time he entered hell, where you and I deserve to go (legally) because of our sin. He paid the price there.” (The most important decision you’ll ever make, by Joyce Meyer, second printing, may 1993, page 35) 

(audio clip) Joyce Meyer, “The Devil thought he had it, the devil thought he had won. Oh they were having the biggest party that has ever been had. They had my Jesus on the floor and they were standing on his back jumping up and down laughing and he had become sin. Don’t you think that God was pacing wanting to put a stop to what was going on. All the hosts of hell were up on him, up on him, up on him. The angels are in agony, all the creation is groaning. All the hosts of hell was up on him, up on him, they got on him. They got him down in the floor and got on him and they were laughing and mocking, “haha you trusted God and look where you ended up. You thought he would save you and get you off that cross – he didn’t haha.”
 

Hiermee word dus geleer dat satan in beheer van die hel is. 

I. Die vraag - Is satan in beheer van die hel (poel van vuur en swawel). Straf hy mense in die hel?

 
Kom die lering vanuit die Skrif? Nee
 

Die Skrif leer dat die Here God die beheer oor die hel het

 Daar is geen verwysing in die Skrif dat satan en sy demone in beheer van die hel is nie.
 
·         Die hel is die plek waar satan en sy volgelinge en mense wie se name nie in die boek van die lewe is nie gestraf gaan word.
 
·         Matt 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

 

Ons lees ook daarvan in:
·         Open 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
 
·         Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
 
·         Matt 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
 
·         Luk 12:4 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; 12:5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

·         Open 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

 
Die vraag is dus waar kom die lering vandaan dat satan inbeheer van die hel is?

·         Dit kom vanuit verskeie skilderye en voorstelling, sg grappe oor die hel

·         Dit kom vanuit Dante Aligiere’s se gedig The Divine Comedy se eerste deel Inferno.  

·         Dan Brown se boek Inferno volg dit op dat satan inbeheer van die hel is.

 
  



Dit is die werke wat mense se denke beinvloed en nie die Skrif nie.
 
 
2. Verdere vraag wat gevra kan word - Was Jesus in die Hel?
 
a. Soos gesien leer van sommige “Faith” predikers leer dit

b. Die woorde in die Apostoliese geloof belydenis  leer dit ook, alhoewel verklaar word dat dit nie letterlik die bedoeling is nie.
·         “...wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het,...”   

c. Daar het ook verwarring onstaan aangesien daar in die Engelse taal nie ‘n woord vir doderyk( HADES) is nie en dus is doderyk en hel (GEHENNA)  beide as “Hell” vertaal

 
Daar is geen aanduiding dat Jesus in die hel (GEHENNA) was nie, maar wel in die doderyk, (HADES)
·         Hand 2:31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk (Hades) verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

 

Is daar op die oomblik iemand in die hel. Nee daar is geen so aanduiding in die Bybel nie.

 
3. Wie gaan eendag hel (poel van vuur en swawel) toe.

 a. Satan gaan in die hel gestraf word
·         Open 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
 


b. Mense wie nie in Christus glo nie, wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie gaan in die hel gewerp word.
·         Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

 

KOPIEREG EN REGSTELLINGS:

·         Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie.Waar daar wel van  inligting gebruik gemaak is word erkenning gegee. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.

·         Indien daar enige regstellings op die inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.

 

No comments:

Post a Comment

BYBELSE ANTWOORDE - ALGEMEEN - HAND 17:11

BYBELSE ANTWOORDE - OPREGTE SOEKE NA - HAND 17:11 REFORMEREND – ALTYD TERUG NA DIE SKRIF      In hierdie blog wil ek poog om opreg...